Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Nuut op die boekrak
JAKKALSVO? Kobus Maree Human & Rousseau, R82 JACQUES is ’n bietjie soos ’n jakkalsvoël, maar nie heeltemal nie. Want al is hy ’n A-student en al loop hy die reguit pad, is daar net te veel dinge in sy jong lewe wat hy moet verwerk om soos die jakkalsvoël bo alles uit te styg. Daar is sy boelie-pa, sy onbetroubare meisie, die feit dat hy nie die eerste rugbyspan haal nie as gevolg van regstellende aksie, maar daar is bowenal sy ma. Sy ma is ernstig siek en sy is sy enigste anker. Dit is eers toe hy die pad byster raak en iets verskrikliks gebeur dat hy kan sê: “Ek is nie bullet proof nie, maar die lewe gaan aan.” DIE GROOT LIEFDESVERHAAL John Eldredge en Brent Curtis Struik Christelike Boeke, R119,95 VAN kinderdae af word die mens genoop tot ’n ontdekkingsreis. Dit is ’n reis vol diepte, avontuur en skoonheid, maar soos enige verhaal bevat dit ook ’n besliste gevaar-element. As jy hierdie fluisterroep ignoreer, word jy lewend dood, afgesonder van die diepste deel van jou wese – jou hart. Die Groot Liefdesverhaal praat met jou oor jou mooiste herinneringe, grootste liefdes, beste prestasies en selfs jou ergste teleurstellings. Natuurlik hou dit risiko in, maar die beloning regverdig die risiko. God self reik uit na jou. Die boek mag lewensveranderend vir die leser wees en handel oor die aard van die lewe, liefde, God en ons plek in die verhaal. Dit is ’n uitnodiging na die lewe wat jy dalk nog altyd gesoek het, maar miskien nog nie gevind het nie. – Danila Liebenberg
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|