Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Sanlam/Insig-romanprys se toekenning onder loep
Apr 14 2008 12:24:07:400PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’N TAPISSERIE MET KLEIN DIERE

Erika Murray-Theron

Tafelberg, R140

Resensent: Prof. Joan Hambidge - Afrikaanse letterkunde en skryfwerk, UK en digter en romatisier

’N TAPISSERIE MET KLEIN DIERE deur Erika Murray-Theron het die Sanlam/Insig-romanprys verower. Ondertussen het twee resensente gebrom oor die postmodernistiese aard van die roman en een het selfs opgemerk dat die roman niks nuuts bybring in hierdie genre nie (“Ragfyn web van gesin-intriges bevat ook slordige knope”, Beeld 16 Maart 2008).

En, meen Jaybee Roux, ’n populistiese skrywer, dat sy minder blatant te werk moes gaan as sy ’n postmodernistiese roman wou skryf.

Sou ’n mens Donald Barthelme wou versoek om subtiel te skryf? Is dit nie juis in die aard van die soort roman dat stylbreuke, hiate, herhalings aan die orde van die dag is nie?

Die romantitel “tapisserie” dui alreeds op ’n weefwerk en in die klassieke letterkunde is die sogenaamde fout in die weefwerk juis daar om die outensiteit te verhoog.

Vir my skep die roman egter ander probleme. In vergelyking met haar vorige roman, Verblyf, wat op ’n hoogs intelligente en leesbare wyse die komplekse kwessie van die eks- pat aangespreek het, vind hierdie leser dat die boek net té vlot geskryf is. Die roman kort tekstuur en die komplekse kwessie van die Freudiaanse familie-romanse word nie genoegsaam beleef nie.

Die postmodernistiese aard van die roman is dus nie vir hierdie leser problematies nie, maar eerder die gevoel dat die verhouding tussen die familielede nie genoegsaam ontgin word nie.

’n Familiebyeenkoms is uiteraard ’n emosionele gebeurtenis, omdat daar soos hierdie roman aantoon, onder die opppervlak demone en duiwels skuilhou. Tog word daar te veel verteltyd afgestaan om beuselagtighede aan die leser oor te dra soos in Stiltetyd.

Waar daar wel konfrontasie plaasvind – onder andere tussen Dorothea en Driessen – word dit met geweldige emosionele oortuiging gedoen. Terseldertyd word die onthulling rondom Alet se dood, eweneens aan die been gevoel. Vir my gevoel wou die werklike outeur té veel kwessies aanspreek: selfmoord, tronkstraf, buite-egtelike verhoudings, ’n ander rasverhouding, beweerde gaywees sodat die leser al die drade vervaard moet saamknoop. Die titel ondervang weliswaar só ’n beswaar.

Karakter, weet ons uit die moderne narratologie, word deur aksie gekenmerk. En karakters in boeke is “mense van papier”. Dikwels word karakters nie genoegsaam beskryf nie, behalwe vir Driessen wat die leser werklik kan sien. Nou goed: Dit kan ook op die rekening van die skrywende aksie in die roman geplaas word wat besig is om die teks te skep en dat ons nog nie die voltooide teks beleef nie.

Ek dink nie dat die werklike outeur (’n vrou) altyd daarin slaag om die binnespraak van die manlike skrywer en waarnemer suksesvol weer te gee nie.

Verder: Die mening oor hierdie boek sou minder fel gewees het, was dit nie vir die feit dat dit bekroon is met die Sanlam/Insig-romanprys nie. Hierdie prys is al deur Dan Sleigh se Eilande verower. Alexander Strachan se Die jakkalsjagter, eweneens ’n metaroman soos Tapisserie met klein diere, het ’n romanprys losgeslaan.

As dit die oortuigendste of indrukwekkendste roman was, sou ’n mens eerder nie die prys moes toeken nie.

Dit is nie Erika Murray-Theron se beste boek nie en sodanige bekroning vra ernstige vrae oor die pryssisteem en die feit dat BoekeInsig nou met hierdie boek op toer gaan.

Op die voorblad van BoekeInsig verneem ons “Toe Harry en Erika ontmoet – twee groot wenners in gesprek”. Daar is ’n plek vir die lekkerleesroman, maar nie as ’n voorstelling van ’n pryswennende roman nie. Die skrywer word hierdeur ’n onguns bewys en die leser word mislei. Skryfstandaarde word aangetas.

Sou die Booker byvoorbeeld gewen word deur ’n populistiese skrywer?

‘Unputdownable’ soos Harry Kalmer beweer? Hokaai.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer