Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Stories oor bure
Apr 14 2008 12:24:04:913PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

MY NEIGHBOUR MADIBA . . . AND OTHERS

Andrew Drysdale

Lion’s Head Publishers, R175

Prof Ockie Geyser - Emeritus-Professor, departement Gerskiedenis, UV

ANDREW DRYSDALE is die seun van ’n Skotse vader wat na Suid-Afrika geïmmigreer het vanaf die skeepswerf aan die Clyde. Hy beskryf sy moeder as ’n “ware Boeremeisie” wie se pa, s? Oupa Durr, aan Boere-kant in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Die outeur roep in herinnering dat sy oupa een van president Paul Kruger se lyfwagte “of so ’n iets” was.

Dit is nie moeilik nie om by die lees van hierdie besonder interessante en onderhoudende boek tot die gevolgtrekking te kom dat Drysdale ’n baie suksesvolle en opwindende loopbaan in die joernalistiek agter die rug het.

Sy loopbaan as joernalis het Drysdale na verskeie koerante en lande geneem. Daar was die sekondering na Londen en van daar na Afrika waar hy onvermydelik in die kookpot van ’n ontluikende kontinent beland het. Hy was later onder andere redakteur van die Pretoria News (1976 – 1982) en The Argus (1998 – 1996).

Self beskryf hy hierdie boek van hom as ’n anekdotiese reis en ’n rondtrekkende verslag in die ware sin van die woord. Streng gesproke kan hierdie publikasie ook as ’n outobiografie geklassifiseer word. Dit is egter veel meer en daarom resenseer ek dit nié as behorende tot dié genre nie. Herinneringe as sodanig oorheers hierin.

In die Kaap was die Drysdales die bure van president Nelson Mandela en die destydse adjunk-minister Bantu Holomisa het net aan die oorkant van die straat in ’n groot huis gebly. Presidente P.W. Botha en F.W. de Klerk het destyds ook daar gewoon. Drysdale vertel onderhoudend van die buurskap met hierdie hoëprofiel-persoonlikhede. As buurman het hy Mandela en sy persoonlike gewoontes goed leer ken.

Opwinding in hierdie milieu het nie uitgebly nie. Daar was dié keer toe ’n boemelaar hom in die Mandelas se huis heerlik tuisgemaak het ten tye van hul afwesigheid. Die ongenooide gas het nie spaarsamig met die inhoud van die drankkabinet te werk gegaan nie.

Drysdale se belangrike buurman se huishouding het 60 personeellede gehad. By geleentheid het Mandela almal; die tuiniers, huishoudelike personeel, wagte en ander diensdoenende beamptes, gesellig onthaal as ’n blyk van waardering vir hul goeie dienste. En daar is nog veel meer vertellings oor hierdie ikon van Afrika.

Drysdale wy die eerste ses hoofstukke aan Mandela in breë perspektief.

Aan die begin van die boek konsentreer hy egter op sy persoonlike besonderhede. Van kleinsaf koester hy die begeerte om te skryf. Hierdie begeerte sou hom later in sy lewe uiteraard goed te pas kom. In Port Elizabeth is hy skolier aan Grey-kollege. Dan volg sy eerste onderhoud vir ’n betrekking op die ouderdom van 19 met die redakteur van die Evening Post in Port Elizabeth, ’n ene mnr. John G. Sutherland (1953). Hy word aangestel as cadet reporter teen ’n salaris van ?20 per maand plus ’n ongespesifiseerde toelae vir lewenskoste. Drysdale skryf dat hy van die begin af aan die diepkant ingegooi is. Daar was vir hom geen basiese hulpmiddels soos ’n tikmasjien of ’n telefoon nie. Dit was slegs beskore vir die mees senior joernaliste.

Daarna volg ’n aanstelling by The Sunday Tribune in Durban. Polities het die meeste Engelssprekende Natallers die krasheid van die Nasionale Party aan die bewind onaanvaarbaar gevind. Natal was inderdaad die laaste bastion van die Verenigde Party onder die leierskap van sir De Villiers Graaff. Natal is as gevolg van sy mense se teenstand teen enige ingryping in hul tradisionele denkpatroon en leefwyse beskryf as “the Last Outpost of the British Empire”.

Later sluit Drysdale hom by The Daily News aan.

Met sy sekondering na Londen beland Drysdale natuurlikerwyse in Fleet Street : “the Street of Ink or the Street that Never Sleeps”. Die outeur is interessant genoeg in Londen tydens die Statebondskonferensie van Maart 1961 waartydens die Suid-Afrikaanse eerste minister, dr. H.F. Verwoerd, sy aansoek om voortgesette lidmaatskap van die Statebond ná republiekwording terugtrek. Hy beleef die trauma in hierdie tyd persoonlik.

Afrika lok hom egter en hy vra sy base in die koerantwese om hom die geleenthede te gee om by Afrika se nuuswaardighede betrokke te raak. Die breedste van breë strate, die van Bulawayo, beïndruk hom. Hy berig oor premier Ian Douglas Smith wat vir Winston Field opvolg. Dan die opspraakwekkende UDI en die lang en bloedige guerrilla-oorlog wat uiteindelik Robert Mugabe aan die bewind plaas in ’n onafhanklike Zimbabwe.

Drysdale beweeg verder noord in Afrika en dek verwikkelinge aldaar oor ’n breë terrein; onder andere presidente Kenneth Kaunda, Kamuzu Banda en Samora Machell.

Gebeure in Suid-Afrika wek sy belangstelling. Hy berig oor bomplanters in Suid-Afrika en veral treffend is sy bekrywing van die tragedie in die St. James-kerk in Kenilworth; die opmars ter viering van die 25ste herdenking van Sharpville en die bloedbad by Bisho. Dit is tragedies hierdie wat Drysdale diep raak terwyl hy daaroor berig.

Hy berig verder oor die humor wat aartsbiskop Desmond Mpilo Tutu omring terwyl hy koningin Elizabeth II en die hertog van Edinburg in die St. George-katedraal in Kaapstad ontvang en oor die Britse koninklikes.

Dit is ’n boek hierdie wat die leser sal geniet. Drysdale skryf onderhoudend.

Die verhaal wat oor meer as vier dekades strek, dek ’n groot verskeidenheid van terreine en raak verskeie interessante persoonlikhede aan, ook internasionaal, wat die leser sonder twyfel sal interesseer. Die leser kry dieper insig in gebeure en verwikkelinge waarvan hy of sy moontlik tot nou toe maar nog net op die oppervlak van bewus was.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer