Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Baie bloed en hoë spoed
ETERNAL Craig Russell Hutchinson, Prys onvermeld Resensent: Jaco Fouché - Skrywer en Vryskutresensent EEN van die karakters in die boek is 'n skoonmaker van formaat. Toe sy eendag op 'n moordtoneel afkom by een van die huise waar sy elke week werk, begin sy dadelik opruim, was en skoonvee. Dit lei tot die polisie se latere frustrasie want sy het leidrade vernietig. Moontlik is lesers in die werklikheid mense wat die wêreld graag aan die kant wil sien. 'n Mens kry 'n verhaal wat begin met 'n situasie. Spanning of ontevredenheid word bygevoeg en die bron van die spanning moet gekonfronteer en mee vrede gemaak word sodat die leser met 'n geruste hart die boek kan afsluit en kan weet: Dit loon 'n mens die moeite om jou probleme aan te pak en die hoof te bied. Om 'n boek met 'n ordentlike storielyn (opbou, intrige, afloop) te lees is soos om op 'n lentedag die woonstel te skrop. Jy word skoner. Wanneer jy klaar is met die taak, meen jy jy het iets vermag. Eternal van Craig Russell is 'n misdaadroman. Daar is 'n vreesaanjaende moordenaar wat sy slagoffers se kopvelle afsny en 'n speurder wat 'n bietjie moeg is vir moord en doodslag. Daar is ook sielkundiges en voormalige terroriste. Die moordenaar wil hom wreek op wat hy meen in 'n vorige lewe aan hom gedoen is. Die boek het heelwat moord en doodslag en dan ook in die bloederige forensiese besonderhede wat televisie en rolprente ons geleer het om te verwag van misdaadverhale. Waar is die lyk wat bloedloos op 'n mat in 'n herehuis aangetref word terwyl die lyfbediende in die agtergrond hou en die eksentrieke speurder geleentheid het om sy of haar intelligensie in te span om die raaisel op te los? Deesdae jaag speurders teen tyd en ook teen hul eie weersin in. En die een skokkende ontdekking ná die ander lê vir hulle voor. In fiksie is moord lankal nie meer 'n intellektuele oefening nie, maar 'n grinterige bloed-op-die-teer verskynsel. En moontlik is dit weens die beperkinge van die rolprent wat in twee uur moet klaarkry dat ook karakters in boeke deesdae gereeld in 'n wedloop teen tyd gewikkel is. Die boek bevat vlot beskrywings van karakters sowel as omgewing. Hamburg, Duitsland in die somer word so uitgebeeld dat 'n mens lus is om self daar te gaan ondersoek instel. Daar bestaan geen twyfel dat Russell se navorsing goed gedoen is nie en dit dui op die werksaamhede van moordenaar sowel as speurder; sielkundige en slagoffer. Tog voel 'n mens dat die hantering van hierdie beskrywings soms 'n bietjie lomp is. Omtrent elke karakter wat op die toneel verskyn, word eers beskryf na gelang van gelaatstrekke en liggaamsbou. Later raak dit effe vermoeiend, alhoewel daar seker geredeneer kan word dat geen ordentlike skrywer sal nalaat om sy maaksels goed in die geestesoog te vestig nie. Maar dis miskien hare kloof. Dit bly 'n lekker boek om te lees en aanhangers van die misdaadgenre sal ook hiervan hou.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|