Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Nuut op die boekrak
THE ARABIAN HORSE AND ITS INFLUENCE IN SOUTH AFRICA Charmaine Grobbelaar Protea Boekhuis, R250 ARABIESE perde hou dikwels ’n spesiale bekoring vir perdeliefhebbers in. Dié perde is bekend vir hul skoonheid, elegante bewegings en adellike vertoon. Maar hulle is ook bekend vir hul taaiheid en uithouvermoë onder moeilike omstandighede. Hóé hierdie perde-ras ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het, word deeglik in die boek bespreek. Charmaine Grobbelaar, ’n perdeliefhebber, wat in ’n groot mate bygedra het tot die teel van Arabiese perde in Suid-Afrika, beantwoord die vraag. Die boek bevat ook inligting oor perdestoeterye, telers en die stambome van Arabiese perde in Suid-Afrika. Pragtige foto’s is ook te sien. JOCK VAN DIE BOSVELD Sir Percy Fitzpatrick Human & Rousseau, R89,95 HIERDIE is van die min Suid-Afrikaanse boeke wat as ’n internasionaal, klassieke boek gereken kan word. Dis die verhaal van sir Percy Fitzpatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oos-Transvaalse Laeveld in die tagtigs. Die hoofkarakter is egter nie die skrywer self nie, maar dis sy getroue hond, Jock, saam met wie hy spannende jag- en ander avonture beleef. Die egte, lewendige styl maak van die boek vandag nog gelief onder alle lesers. – Danila Liebenberg
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|