Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
’n Groen storie wat geil aan die hart afgee
ARBORETA, DIE HEKS MET DIE GROEN HARE Riana Scheepers Protea Boekhuis, R89,95 Danila Liebenberg - Boekredakteur, Volksblad Sy is anders. Hiérdie heks wat in Riana Scheepers se nuutste boek die verhaallyn as hoofkarakter dra. Haar naam is Arboreta en sy verteenwoordig nie die tipiese stereotipe wat kinders, vir wie hierdie boek dan eintlik geskryf is, oor hekse glo nie. Want Arboreta is ’n vredeliewende heks wat wil hê kinders moet veilig in ’n woud kan rondspeel en gelukkig wees. Van die voorblad tot die agterblad van die boek is daar letterlik nie een bladsy wat nie een of ander element van groen in het nie, al is dit net ’n groen spatsel op ’n boomafkapper se neus of die groengrys blaartjies op die agterste skutblad. Selfs die letterkleur van die name, Silvie en Elré Beatri, aan wie die boek opgedra is, is in groen. Net so sterk as wat die groen tema visueel op elke bladsy gedra word, word dit eweneens deur die storielyn gedra. Terselfdertyd is die boodskap verstaanbaar geskryf vir die kindermark waarop dit gerig is. En vele grootmense kan natuurlik ook hierdie natuurbewaringspleidooi ter harte neem. Veral as mens die eens nie noodsaaklike, maar nou onrusbarende, invoertendense van Suid-Afrika se houtbedryf dophou . . . Feitlik alles aan Arboreta is groen: haar hare, haar oë en haar vingers! En dis baie moeilik om haar profiel nie met ’n eikeboom te verwar nie. Vanuit hierdie posisie van haar groen, verskuilde voorkoms slaan sy gade op die doen en late van die groot groen woud waarin sy woon. Sy du ’n seuntjie wat in die bos verdwaal weer op die pad terug na sy ma. Sy help ook ’n meisietjie wat agter ’n skoenlapper die woud indwarrel deur haar in die mooiste boomvaring te toor sodat ’n hond haar nie byt nie. Sy toor haar terug tot die mensie wat sy was en stuur haar terug huis toe. Arboreta sien egter ook slegte goed in die bos gebeur, soos morsjorse wat papiere strooi en bekommernis oor houtkappers wat die bos mag inkom en die bome afkap, begin in haar posvat. Sy bedink allerhande maniere hoe om so iets te vermy. Op ’n dag stap Silvie, gelyknamig aan een van dié, aan wie die boek opgedra is, by die bos in. Nie haar of Arboreta se lewe is ooit weer dieselfde daarna nie. Want Silvie is die een wat Arboreta die heel eerste keer in haar lewe werklik herken en raaksien. ’n Geswore vriendskap ontstaan tussen die wêreld van ’n duisendjare oue heks en ’n mensekind en saam raak hulle kampvegters vir ’n groot saak: om die woud (en natuur) te bewaar. Hierdie besondere band tussen die sterflike en onsterflike verskaf ewigheidswaarde aan die boek. Einde ten laaste staan Silvie, as kind, op en bied teenstand teen die boomafkappers wat die bome wil afkap. Want op ’n manier is sy versterk deur die amper-mitiese inslag van ’n nimlike heks. Hoe dan anders? ’n Móét lees. Vir jonk. En oud. En: ’n boek wat bekroon behoort te word. Want hierdie groen, dra beslis goud.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|