Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Nuut op die boekrak
May 05 2008 03:12:32:073PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LOVE AND COURAGE: A STORY OF INSUBORDINATION

Pregs Govender

Jacana Media, R165

Die boek handel oor die lewe van Pregs Govender: as aktivis en feminis, onderwyser en aktiewe vkbondlid. Dit handel veral oor die jare 1994 tot 2002 toe sy lid van die parlement was in die eerste demokratiese regering na 1994. Ná 2002 het sy egter vanuit hierdie posisie bedank en het sy op verskeie manier met die publiek begin werk.

Sy het gewys dat sy geslote debatte weer oop kan maak, dat sy vars en versterkende perspektiewe op die tafel kan plaas en dat sy die waarheid vreesloos kan vertel op so ’n manier dat dit sowel haar as haar opponente bevry. Haar boek handel oor die lewe, politiek, mag, keuses, wapentransaksies en vigs. Die boek bied ’n verfrissende visie op ware mag, gebaseer op die liefde en die moed wat daar in elke mense aanwesig is. Die boek is aktueel en brandend. Lees dit gerus.

DIE BEWESIEKTE – MY WORSTELING MET PARKINSONISME

Emile de Villiers

LAPA Uitgewers, R80

Hierdie is ’n werklikheidsverhaal wat gegrond is op Emile de Villiers se belewenis en verwerking van ’n siekte wat al die fasette van ’n mens se verhoudingsvlakke beïnvloed. Ook sy gesin se belewenis word aangespreek.

Wat veral tref, is die eerlikheid waarmee hy sy ervaring en emosie deel. Ook is dit geklee met ’n besondere sin vir humor.

De Villiers skryf: “Ek gaan jou vertel hoe hierdie siekte ’n mens se lewe radikaal beïnvloed, nie sodat jy my moet jammer kry nie, maar sodat jy sal verstaan as jy my onnatuurlike bewegings sien en hoe ek dinge lomp laat val.” Hierdie boek is nie net vir lyers van Parkinsonisme of hul gesinne nie. Dit is vir enige mens wat sukkel met pyn en wat nodig het om trauma en verlies te verwerk. – Danila Liebenberg

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer