| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 5-22°CVoorspellings |
Terug Na Die Bos-Oorlog: Voel ons die trauma se trillings nog vandag? Genl. Jannie Geldenhuys, Louis Bothma en Adriaan van den Berg bespiegel hieroor. Lees oor dié en ander besprekings en kunsflieks wat aangebied word.
OP ’n helder maanligaand het ETIENNE VAN HEERDEN met Ruda Landman oor Asbesmiddag en skrywerskap ten tyde van ’n Boeke-Insig geleentheid hier in Bloemfontein gesels. Daarna het hy verder uitgebrei op vrae wat DANILA LIEBENBERG aan hom gestel het. Want sien, Van Heerden pas 28 uur per dag in om al die eise te hanteer, soos LitNet, sy doseringsverpligtinge by die Universiteit van Kaapstad, skryfwerk en die administrasie daaromheen. En selfs dit is nog te kort vir hierdie hoogs aangeskrewe en wyd bekroonde skrywer
waarvan Asbes?middag op die kortlys van die Universiteit van Johannesburg se prys vir skeppende skryfwerk vir 2007 was en nou ook as finalis aangewys is vir die W.H. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde.
Die aanlyn boekhandelaar kalahari.net en MySchool het ’n projek aangekondig waarin soveel as moontlik boeke kwartaalliks vir ’n voorheen benadeelde skool oor die volgende 12 maande geskenk gaan word.
CUM Uitgewers en Volksblad wil jou ma graag met ’n boek op Moedersdag bederf. Vyf kopieë van Ma, net vir jou deur Izak de Villiers word weggegee. Al wat jy moet doen, is natuurlik net motiveer hoekom juis jou ma hierdie boek met mymeringe oor moederliefde verdien.
Wie op soek is na ligte leesstof in Afrikaans behoort kennis te neem van hierdie drie bundels verhale. Elkeen van die drie beslaan ’n versameling kortverhale en stel die leser in staat om ’n hoofstuk te lees, die boek neer te sit en om later daarna terug te keer en voort te lees sonder om ’n sentrale storielyn of knoop uit die voorafgaande vertelling te hoef onthou en te herroep.
Suid-Afrika se storievertellers het die afgelope jaar gewoeker met die woord en meer inskrywings as ooit tevore laat instroom vir een van die land se mees gesogte boekpryse, die M-Net- Literêre toekennings.
Om ’n staptog deur die natuur aan te pak is die heel beste manier om ’n naweek of ’n paar vakansiedae om te kry. Dis wonderlik, veral as jy bevoorreg genoeg is om aan die suidpunt van Afrika te woon.
In die Gids tot Roofvoëls van die Wildtuin word ’n wye verskeidenheid inligting oor hierdie voëls wat in die Krugerwildtuin voorkom, aangetref. Die wildtuin is die beste plek om die grootse verskeidenheid roofvoëls in Suid-Afrika te sien.
Twee boeke word bespreek, een oor Arabiese perde en perde teëlery vir perde liefhebbers en die klassieke treffer, Jock of the Bushveld wat vandag nog 'n internasionale treffer is.
Een van die karakters in die boek is 'n skoonmaker van formaat. Toe sy eendag op 'n moordtoneel afkom by een van die huise waar sy elke week werk, begin sy dadelik opruim, was en skoonvee. Dit lei tot die polisie se latere frustrasie want sy het leidrade vernietig. Moontlik is lesers in die werklikheid mense wat die wêreld graag aan die kant wil sien.
Twee nuwe, Jakkalvoël deur Kobus Maree en Die Groot Liefdesverhaal uit die pen van John Eldredge en Brent Curtis word bespreek.
|
'N LEESFEES...
Lees elke Maandag in Storielyn iets meer oor die boekbekendstellings en gespreksgeleenthede, Diskoers, Van Coller en Taai en die kunsflieks op die Volksblad-kunstefees.
Twee nuwe boeke word dié maand bespreek: Love and Courage: A Story of insubordination sowel as Die Bewesiekte – My Worsteling met Parkinsonisme.
Hiedie versameling wil die Suid-Afrikaanse leser bekend stel aan die Franse poësie van die Indiese Oseaan se Afrika-eilande. Plekke soos Mauritius, Madagascar, Réunion, die Seychelle, die Comore en Mayotte kom dus hier aan die bod.
Die Christelike Poësie-assosiasie nooi belangstellendes, beginners sowel as ervare digters – en van enige ouderdom – om hulle in te skryf vir die kompetisie.
M.C. Botha is die skrywer van ses kortverhaalbundels, ’n drama, die reisboek Zambezi en die romans Sluvoet en Die Arend. Hy is die redakteur van die Hermanus Times en het onlangs sy natuurroman Ons en die Maan uitgereik nadat hy tien jaar daaraan gewerk het.
Sy is anders. Hiérdie heks wat in Riana Scheepers se nuutste boek die verhaallyn as hoofkarakter dra. Haar naam is Arboreta en sy verteenwoordig nie die tipiese stereotipe wat kinders, vir wie hierdie boek dan eintlik geskryf is, oor hekse glo nie.
In die Kaap was die Drysdales die bure van president Nelson Mandela en die destydse adjunk-minister Bantu Holomisa het net aan die oorkant van die straat in ’n groot huis gebly. Presidente P.W. Botha en F.W. de Klerk het destyds ook daar gewoon. Drysdale vertel onderhoudend van die buurskap met hierdie hoëprofiel-persoonlikhede. As buurman het hy Mandela en sy persoonlike gewoontes goed leer ken.
’N Tapisserie Met Klein Diere deur Erika Murray-Theron het die Sanlam/Insig-romanprys verower. Ondertussen het twee resensente gebrom oor die postmodernistiese aard van die roman en een het selfs opgemerk dat die roman niks nuuts bybring in hierdie genre nie.
As jy jou gedig as die gedig van die maand in Volksblad gepubliseer wil sien, stuur dit gerus aan ons na die adres wat onderaan verskaf word. Hierdie maand se gedig is Oreade deur Adri van der Westhuizen, Bfn.
|
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|