Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Planeet glo binne 10 j. ontdek
Apr 14 2008 03:26:41:030PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DIE agt meer bekende planete van ons sonnestelsel, asook die twee kleiner planete (Ceres en Eris) wat onlangs ontdek is, gaan moontlik binnekort plek moet maak vir nóg ’n nuwe lid van dié gesin.

Wetenskaplikes van ’n universiteit in Japan het gesê hulle glo dat nóg ’n planeet, van omtrent twee derdes die aarde se grootte, in die buitewyke van ons sonnestelsel wentel.

Navorsers van die Kobe-universiteit in die weste van Japan het gesê berekeninge met die hulp van rekenaarsimulasies toon dat dit slegs ’n kwessie van tyd is voordat die geheimsinnige “planeet X” ontdek sal word.

“Weens die baie koue temperature sal dié planeet se oppervlak oortrek wees met ys, ysagtige ammoniak en metaan,” het prof. Tadashi Mukai, hoofnavorser van dié studie, gesê.

Dié studie deur Mukai en sy vennoot, dr. Patryk Lykawka, se bevindinge word in die April-uitgawe van die Astronomical Journal gepubliseer.

“Die moontlikheid bestaan dat ’n planeet-klas-hemelliggaam van sowat 30% tot 70% die aarde se massa, wat tot nog toe onbekend is, in die buitewyke van die sonnestelsel bestaan,” lui ’n opsommende verklaring wat deur die universiteit uitgereik is.

“As navorsing op ’n groot skaal gedoen word, sal dié planeet waarskynlik binne die volgende tien jaar ontdek word.”

Planeet X sal volgens hulle ’n langwerpige, elliptiese wentelbaan om die son hê, en sal na raming een keer elke 1 000 jaar om die son draai.

Die radius van dié planeet se wentelbaan word op tussen 15 en 26 miljard km beraam.

Dié studie kom twee jaar nadat skoolhandboeke herskryf moes word toe Pluto sy status as die negende planeet in ons sonnestelsel verloor het.

Mukai en sy span het in die verklaring gesê mense moet besef dat daar sedert die middel 1990’s omtrent 1 100 hemelliggame in die buitewyke van ons sonnestelsel ontdek is.

“Maar as planeet X ontdek word, sal dit die eerste keer wees dat ’n hemelliggaam van dié grootte (veel groter as Pluto) ontdek word,” het Mukai gesê.

Navorsers het tot dié gevolgtrekking gekom nadat hulle ’n teoretiese model opgestel het om vas te stel hoe die afgeleë gedeeltes van ons sonnestelsel oor die afgelope vier miljard jaar sou ontwikkel het.

“In die soeke na ’n verduideliking vir al die bekende hemelliggame het ons besef die mees natuurlike gevolgtrekking sal wees om aan te neem dat daar ’n planeet bestaan wat tot nog toe onbekend is,” het Mukai gesê.

– Sapa-AFP

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer