Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Verf jou dak wit en lê ’n fontein aan – wenk
Apr 14 2008 03:26:39:610PM  - (SA)  
Elise Tempelhoff



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Verf jou huis se dak en mure wit, plant bome en lê fonteine aan.

Só kan die koorsige aarde se temperatuur “drasties” afgebring word.

Hierdie paar “maklike, voor die handliggende” wenke is vervat in ’n dokument wat deel uitmaak van die Global Policy Innovations Programme (GPIP).

Dit is gepubliseer om saam te val met die klimaatberaad in Desember verlede jaar waartydens duisende wetenskaplikes en verteenwoordigers van 190 lande – die meeste ondertekenaars van die Kioto-verdrag – naarstiglik oplossings gesoek het vir die stygende temperatuur van die aarde en die klimaatsverandering wat daarmee gepaard gaan.

“Dis maklik om die aarde af te koel: Verf jou huis heeltemal wit – dit hou jou koel; bou fonteine in jou voortuin en plant nog bome.

Luidens die dokument lê ’n oplossing vir klimaatsverandering in die “gedeeltelike herontwerp” van stede en woonbuurte.

Stede is eilande van hitte. Dit is ’n beton-oerwoud sonder noemenswaardige bome en fonteine waar inwoners koel lafenis kan kry.

Paaie is van swart teer gemaak, huise en geboue is van beton en daar is min oop waterbronne in stede. Hierdie eienskappe van stede absorbeer die son se hitte en laat die aarde se koors styg.

Stede is warmer as die gebiede rondom hulle, omdat die omgewing hier droog is.

Vog koel af.

Stede het nie genoeg vog of groen stroke nie en riool- en stormwaterstelsels neem al die water weg.

In Londen is dit koeler rondom die Teems, omdat daar water en bome is.

En as die kraaie in die stede gaap, skakel die inwoners hul lugversorgers aan – ’n groot sondaar wat klimaatsverandering aanhelp, omdat die krag wat dit gebruik tonne koolstofdioksied in die lug vrystel.

Die oplossing, sê die GPIP, is dus wit, boomryke stede met volop fonteine of lopende water. Hierdie koel stede sal nie net mooi lyk nie, maar die temperatuur sal met tussen 2 en 10?C daal.

“As hierdie eenvoudige, goedkoop wenke byvoorbeeld in Los Angeles toegepas word – al die dakke wit geverf en miljoene inheemse bome aangeplant word – sal die stadskern se temperatuur met minstens 3?C daal.

Die meeste van die stede in die wêreld het reeds die afgelope paar dekades groter temperatuurstygings ervaar as die verwagte styging van 2,6?C wat weens klimaatsverandering vir die volgende eeu verwag word.

Op ’n warm dag in enige wêreldstad gaan soek inwoners nie op teerpaaie of sementblokke skuiling nie, maar by fonteine en onder bome, sê die opstellers van die dokument. ) Vir meer inligting gaan na www.policyinnovations.org.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer