Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Bergplesier in Mpumalanga
DIE Williamse is natuurliefhebbers. Die natuur praat met hulle. Soos die ou liedjie lui: Die berge, blomme, bome, die helder waterstrome, hul wink ons van daar ver. Dié stem het vir hulle die duidelikste opgeklink in die wonderlike natuurskoon van die ou Oos-Transvaal – nou Mpumalanga. Só sterk het die natuur hier geroep dat hulle reeds in 1996 vir hulle ’n tyddeelplekkie hier gekry het in die Crystal Mountain Springs Lodge sowat nege kilometer van Pelgrimsrus af. Sedert dié jaar besoek hulle dié wêreld feitlik jaarliks en Claude en Pearly Williams se twee kinders, TC en Zesca, nou onderskeidelik 18 en 17 jaar oud, het so te sê in die oord grootgeword. Verlede jaar einde Desember het die gesin weer so gemaak en hul gees gaan vernuwe op hul gunsteling-plek. Dit is selfs in Desember nie te warm nie, want dit is 2 000 m bo seespieël en die somertemperatuur wissel tussen 22 en 26?C, sê Claude. Vir Pearly is dit die ideale plek om van stres ontslae te raak – so in die skoon lug waar jy so tussen die wolke deur nader aan jou God kan kom, meen Claude. Hulle hou van ry en die wonderlikste natuurtonele is altyd net om die draai. Dit sluit in ritte na die watervalle, Blyderivierpoort, Bourke’s Luck, Pelgrimsrus en nog ander pragtige plekke. Die Lodge is net 150 km van die Krugerwildtuin se hek en dit is dus ’n heen-en-weertjie soontoe. Die tydskrif Weg beveel aan dat jy op Pelgrimsrus die delwersgeskiedenis op die Diggings Site moet gaan beleef. Die kunssinniges kan vir hulle ’n houthoender koop of die kuns van spin met sy beleef. Jy kan die Mac-Mac- en Berlyn-watervalle besoek, die Prospekteerders-staproete gaan stap, in die Groot Swaai gaan swaai en perdry. ’n Kuier in een van die restaurante saans is ook alte lekker. Elke jaar moet daar pannekoek gaan eet word op Graskop, sê Pearly. Die eetplek weier om wegneemetes te gee, want in dié wêreld word nie gejaag nie. Jy gaan sit rustig, eet jou pannekoek en geniet die skoonheid om jou heen. Dis ook ’n paradys vir mense wat van kuns hou, want om elke hoek en draai kan jy kunswerke van hout en klip besigtig en koop. Yuri Thumbran maak in Wegbreek ook daarvan melding dat Graskop pannekoekwêreld is. Hy het hom in dié wêreld aan die Pinnacle, Drie Rondawels, Bourke’s Luck-kolkgate en God’s Window vergaap. Soos die Williamse het sy kamera ook oortyd gewerk. Verblyf hoef ook nie te duur te wees nie, want die selfsorg-eenhede op Graskop, wat op Google geadverteer word, lyk eksieperfeksie. Moenie dink die twee tieners is verveeld nie. Die lodge het ’n swembad en speletjieskamer en ’n klubhuis vir dié ouer as 16 jaar. Daarin is selfs ’n gimnasium, jacuzzi en sauna. Die oord is volgens Claude een van die toptien in die land. Die Williamse voel ’n mens moet minstens ’n week gaan. Dit is 790 km van Bloemfontein en die afstand moet die moeite werd gemaak word. Hy kan dit ten sterkste aanbeveel, sê Claude, want hoewel die tradisionele vakansie by die see is, mis jy die see daar nooit nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|