Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Omgewing erg benadeel
Suid-Afrika se omgewing gaan, weens onder meer ongeoorloofde ontwikkelings en die ekonomie se afhanklikheid van steenkool, met rasse skrede agteruit. Daar is egter, ses jaar nadat Suid-Afrika die gasheer was vir die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (WVO), geen langtermynplan wat daarop dui dat die land volhoubare ontwikkeling ernstig opneem nie, het mnr. Gareth Morgan, DA-woordvoerder oor omgewingsake en toerisme, vandeesweek gesê. Hy het gesê dit is kommerwekkend dat ontwikkeling, met die oog op die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi, plaasvind teen ’n ongekende tempo sonder dat die “groter prentjie” in ag geneem word. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die WVO het destyds onderneem om ’n nasionale strategie op te stel vir volhoubare ontwikkeling, maar “waar is dit nou, ses jaar later?” het Morgan aan mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, in ’n geskrewe vraag in die parlement gevra. Van Schalkwyk het vandeesweek geantwoord dat Suid-Afrika programme, strategieë, beleid en wetgewing instel om te reageer op wêreldwye, streeks- en nasionale uitdagings. Morgan het hierop gesê Suid-Afrika kan nie veel langer op só ’n strategie wag nie, omdat groot ontwikkelings reeds plaasvind. “Dit lyk of die regering volhoubare ontwikkeling baie lig opneem.” Luidens ’n konsepdokument oor volhoubare ontwikkeling, wat reeds in 2006 voltooi is, word voorgestel dat byvoorbeeld dringend na Suid-Afrikaanse grondgehalte gekyk moet word sodat landbou, asook toerisme, volhoubaar kan ontwikkel. In dié dokument word ook voorgestel dat Suid-Afrika begin wegbeweeg van die gebruik van steenkool en ander fossielbrandstowwe vir kragopwekking, omdat dit ’n negatiewe invloed op die land se beskikbaarheid van water, asook op die luggehalte, het. Suid-Afrika se per capita-bydrae tot kweekhuisgasse wat in die atmosfeer beland, is besonder hoog, lui die dokument. Die rede hiervoor is Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkool waarop sy ekonomie gebou is, sê die verslag. Morgan het gesê die verslag oor Suid-Afrika se omgewing (State of the Environment Report 2006) wat verlede jaar “maande laat” gepubliseer is, gee ’n ware prentjie van die erns van die probleem. Die inhoud van die dokument is nog nie eens in die parlement gedebatteer nie, het Morgan gesê. “Terwyl ons nou nader beweeg aan die einde van die huidige regering se ampstermyn, is dit belangrik dat volhoubare ontwikkeling teruggeplaas word op die agenda.” Mnr. Mava Scott, waarnemende woordvoerder van die departement van omgewingsake en toerisme, het gesê ’n nasionale raamwerk vir volhoubare ontwikkeling sal aan die begin van Mei aan die kabinet voorgelê word. Die konsepdokument sê ook: ) Die verlies aan biodiversiteit in Suid-Afrika neem toe: Tot 10% van die land se voëls en paddas en 20% van die land se soogdiere word bedreig.) Die toestand van die land se ekostelsels, waarop ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling gebou moet word, gaan vinnig agteruit. Veral die mariene stelsel aan die Weskus verswak vinnig. ) Natuurlike hulpbronne waarop lewe berus, woude, graslande, die KwaZulu-Natalse kusstrook en die Kaapse blommeryk, verkeer onder groot druk.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|