Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Pret en vrede hier te kry
Apr 29 2008 01:58:18:603PM  - (SA)  
BRAAM MULLER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die natuur en avontuur opgesluit in Mae Hong Son se bergomgewing sal die jong toeris 'n paar dae besig hou, terwyl die rustigheid en die koeler weer wat die hoogte bo seespieël bied, die moeë werker se batterye herlaai.

Daar is talle staproetes; 'n mens kan die berge ook van die rug van 'n olifant verken; talle padpredikante dui die rigting na watervalle aan; daar is warmwaterbronne; grotte; witwatervaarte op die snelvloeiende riviere; besoeke aan die talle bergstamme en 'n paar nasionale parke wat pragtige woude bied.

As jy die watervalle in volle glorie wil beleef of die beste opwinding van stroomversnellings wil ervaar, moet jy in die reëntyd gaan ? so rondom September, Oktober.

Reën dit weer te veel, maak dit sekere avonture taboe en party grotte - soos die Lod - ontoeganklik.

Ons besoek was in Desember 'n redelik droë tyd en die een waterval wat ons besoek het, was wel maklik bereikbaar, maar die stroompie water wat in die rotsskeure skuiling gesoek het, het dit allermins fotogenies gemaak.

'n Mens ry tot feitlik by die val, jy moet net 'n hele paar trappe (sommige bloot uit die klei gekap) na onder klim. Dink net hoe glad kan dit dalk wees as dit nat weer is! Die waterval was op ons pad na die Tham Pla-woudpark dié park was wel die moeite werd. Nie soseer om die grot nie die visse is in die grot jy moet maar van 'n gat bo loer hoe die visse in die donkerte maal. Maar oor die pragtige natuurpark met sy wandelpaadjies na die grot. Die groot bome wat skadu teen die warm son bied, die milde groen van die gras, die kabbelende rivierstroom, bruggies en vistas na die berge laat die rus op 'n mens neerdaal.

G'n wonder nie die park is so gewild by die Thais wat ontvlugting van Bangkok se rumoer soek.

Daar is ook 'n watermeul wat met 'n soort houtratwerk drie stampers oplig om elkeen in hul eie "bak" neer te val. Daarby is ook nog 'n musikale fontein gebou uit die natuur: Bamboesgeute herlei die water na 'n klomp bamboesbuise wat omkantel sodra dit vol is en dan teen ander stukke bamboes klap. Dit gee 'n geklak van verskeie soorte klanke af.

Hier is ook tente as jy in die natuur wil oornag en 'n eetplek wat enigiets bied van gebraaide rys wat in die Weste bekend is tot vreemde noordelike lekkernye wat die gewone reisiger dalk liefs sal wil systap.

Ry jy weer die ander kant van Mae Hong Son teen die berg uit, kom jy by die statjie van 'n Karenbergstam uit.

Kenmerkend van hulle is die koperringe wat die vroue om hul nek dra. Daarom word hulle die langnekmense genoem. Die ringe word reeds as kind aangesit en dit word ook selfs om die arms en om die knieë gedra. Baie soos Namibië se Ovahimbas dit doen. Die ringe is eintlik 'n koperspiraal ? nogal 'n aansienlike gewig ? wat oor die kop gesit word en dan omdie nek styfgetrek word. Dit kan nie gemaklik wees nie, want daar word ook daarmee geslaap.

'n Ander deel van die mense - hulle word weer die langoormense genoem - maak weer 'n gat in die lel van die oor wat dan gerek word met al hoe groter skywe.

Die stalletjies met volksjuwele, poppe, klere en weefwerk is ingeryg weerskante van die paadjie. Saans verkoop die mense ook hul werk by die nagmark rondom Mae Hong Son se stadsmeer.

Die mense maak duidelik hul bestaan uit toeriste. Oorspronklik is die Karen-mense van Mianmar die bergdorpie is minder as 10 km van die Mianmar-grens. Dis flukse mense wat bewerkbare lappies grond tussen die berge en woude vir rys, tabak, vrugte en groente bewerk.

Vroeër is opium deur die stamme gekweek - 'n aansienlike inkomste - maar met bystand deur die Thaise regering, wat sterk gekant is teen dwelms, het die stamme mettertyd dié winsgewende bedryf gelos.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer