Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Ethiopië anders as die gewone
May 05 2008 12:48:40:380PM  - (SA)  
MIKE COPELAND



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Daar is sommer 'n klomp redes hoekom ek dink Ethiopië is iets anders as die gewone.

Dit is 'n land waarin die antieke taal Amharies nog gepraat word en waarin jy 'n Ou-Testamentiese, ortodokse, Christelike godsdiens kan ervaar.

Die kos is hier anders, eksoties. Dit sluit in njerabrood en rou vleis met speserye.

In Ethiopië kan 'n mens die wêreld se agtste wonder sien: Lalibela.

Hierdie land het ook die oudste hominiede geraamte (3,5 miljoen jaar).

Op 'n onlangse besoek het ek al die bogenoemde ervaar en was ek weer veral beündruk deur die mense. Die Ethiopiërs is trotse mense aantreklik, gasvry en baie onafhanklik.

Ethiopië is 'n land wat nooit sendelinge nodig gehad het nie en net kort gekoloniseer is.

My liefde vir hierdie land en sy mense het my nog elke keer laat terugkeer.

Ek kon nog nie genoeg kry van hierdie onontdekte bestemming nie.

Dit is belangrik om jou reis te begin in die hoofstad, Addis Abeba, wat heeljaar 'n heel aangename klimaat het.

Addis Abeba se hoogte bo die seespieël help baie om die stad koel te hou in die aande ná sonnige dae. Hier is wonderlike markte, koffierestaurante en naglewe.

Dit is ook goed om hier op 'n begeleide toer te gaan en die oudste hominiede geraamte te sien. Daar is ook baie geskiedkundige plekke wat jou net lus gaan maak vir die land se opwindende kultuur. Ethiopië is in baie opsigte uniek. Dis nog nie aan massatoerisme blootgestel nie.

Soos in die meeste Afrikalande is die paaie op die platteland nie in 'n goeie toestand nie. Die netwerk vir binnelandse vlugte is egter die beste op die vasteland.

As jy dus nie baie tyd het nie, is dit maklik om vinnig by die beste plekke uit te kom.

Ek het byvoorbeeld 'n uur lange vlug van Addis Abeba na Bahir Dar geneem. Dit is geleë langs die Tana-meer - die oorsprong van die Blou Nyl.

Die voëllewe by Bahir Dar, soos elders in Ethiopië, is verruklik.

Daar is ook 'n mooi waterval wat 'n mens kan besoek. Ek het 'n bootvaart onderneem na 'n antieke eiland-klooster op pad waarheen ek kon sien hoe 'n man op 'n papirusboot roei.

Die volgende dag het ek weer na die historiese Gondar gevlieg. Hier het ek 11 paleise besoek wat van die 17de eeu dateer. Gondar word nie verniet die Camelot van Afrika genoem nie.

Ek het ook die Fasilidas-kasteel besoek meer Middeleeus-Europees as Afrika in voorkoms.

Dit is alles deel van die koninklike geskiedenis van die land.

Daar was ook tyd om die Berhaneselassie-kerk te besoek - beroemd om sy muurskilderye en geverfde plafon.

Die uitsig van die hotel was hier asembenemend op die Simien-berge, die land se hoogste reeks.

Op my vyfde dag was daar die hoogtepunt van my besoek. Ons het gevlieg na Lalibela, waar 'n mens die kerke kan sien wat uit rotse gekerf is.

Hoe kan jy hierdie wonder beskryf? Daar is 12 sulke kerke wat uit soliede rots gekap is.

Koning Lalibela moes die hulp van engele gehad het om sulke wondere te skep, het ek lankal besluit.

In hierdie kerke word steeds aanbid, en hulle word deur die Verenigde Nasies se Opvoedkunige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) beskerm as die wêreld se agtste wonder.

Ek was gelukkig om op 'n markdag hier te wees. By die stalletjies word handgemaakte potte, leerwerk en ander plaaslike produkte verkoop.

My volgende vlug was na Axum, voorheen die hoofstad van Ethiopië.

Die koningin van Skeba spook steeds by die paleise van Axum. Baie jare gelede het dié koningin van die Bybelse koning Salomo gehoor en besluit om by hom te gaan kuier met 'n groot gevolg en baie presente. Toe sy maande later terug in Axum was, het sy na bewering agtergekom dat sy 'n baba van Salomo verwag.

Volgens oorlewering het die afstammelinge van Salomo en die koningin lank in Ethiopië die septer geswaai. Dít is tragies beëindig met die afsetting van keiser Haile Selassi in 1974.

Daar is niks eenvoudigs aan Ethiopië se geskiedenis nie. Dan het ek nog nie genoem dat Ethiopiërs daarop aanspraak maak dat die verbondsark met die oorspronklike Tien Gebooie in 'n nabygeleë kerk gehuisves word nie. Dit is die moeite werd om verskillende argeologiese opgrawings te besoek, asook die baddens en paleis van die koningin van Skeba.

Op my besoek was genoeg tyd om op die afgeleë dorp Harar 'n draai te gaan maak. Dit het 'n ringmuur en is op drie na die heiligste plek vir Moslems.

Harar was op die antieke handelsroete tussen die Ooste en die Weste. Dit is in die oostelike deel van die land naby die Somaliese grens. Hier is 'n hoogtepunt om te sien hoe 'n "hiënaman" buite die stadsmure hiënas met die hand voer.

Hierna het ek na 'n spoghotel in Addis Abeba teruggekeer.

Daar was nog tyd om Merkato - Afrika se grootste buitelugmark - te besoek.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer