Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Oppervlaktemperature dalk onveranderd
KAAPSTAD. – Oppervlaktemperature kan moontlik dié dekade taamlik onveranderd bly ondanks klimaatsverandering weens natuurlike oseaanskommelings in die Noord-Atlantiese streek. Dit kan koeler toestande in Noord-Amerika en dele van Europa meebring. Só sê ’n groep Duitse navorsers van die Leibnitz-instituut vir Mariene Wetenskappe (IFM-Geomar) en die Max Planck-instituut vir Meteorologie in ’n nuwe ontleding hieroor wat in die vaktydskrif Nature gepubliseer is. Dr. Noel Keenlyside van die Leibnitz-instituut vir Mariene Wetenskappe (by die Kiel-universiteit) en hoofsamesteller van dié studie, het aan BBCnews.com gesê ondanks koeler toestande op kort termyn voorsien hulle dat temperature binne 15 tot 20 jaar (dus teen ongeveer 2020) weer vinnig sal begin styg. Op lang termyn lyk hul voorspellings vir stygende temperature weens die heersende koers van aardverhitting, dus soortgelyk aan dié van VN-klimaatspaneel s’n, hoewel verskille binne dekades bespeur word. Dié ontleding neem die effek van die natuurlike siklus van oseaanskommelings weens die Atlantiese multidekade-ossilasie-verskynsel op temperature onder die soeklig. Dit hou verband met ’n verwagte verswakking van seestrome wat warm water van die trope af noordwaarts bring. Die presiese oorsaak van dié natuurlike skommeling is nog onbekend, maar dit gebeur sowat elke sestig tot sewentig jaar, blyk uit hul ontleding. Prof. Mojib Latif van die IFM-Geomar sê in ’n verklaring hieroor dié studie sê nie dat klimaatsverandering (waartoe menslike bedrywighede bydra) minder omvangryk gaan wees as wat navorsers tot dusver gemeen het nie. Dit wys wel daarop dat langtermyn-skommelings op pad is wat te midde van klimaatsverandering plaasvind en temperature kan beïnvloed. Dr. Richard Wood van die Britse Hadley-klimaatsentrum sê in sy oorsig oor dié studie, wat ook in Nature gepubliseer is, dié resultate sal help om met beter klimaatsvoorspellings en aanpassings daarvoor (gemik op ’n bepaalde dekade) vorendag te kom. Dié soort modellering is nog grootliks in sy kinderskoene, het National Geographic berig. Die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) sê ondanks die voorkoms van die La Ni?a-verskynsel sal die gemiddelde temperature vanjaar steeds na verwagting bo die gemiddeld wees (en dalk steeds 1998 se rekordsyfers oorskry). Die WMO voorsien dat hoewel temperature na verwagting vanjaar met ’n fraksie sal daal (vergeleke met 2007), is daar steeds op lang termyn ’n neiging van stygende temperature (weens die heersende koers van klimaatsverandering) te bespeur. Ondanks klimaatsveranderlikheid (wat wissel tussen jare en oor dekades heen) is volgens die Britse Hadley-klimaatsentrum beslis steeds ’n neiging van verhitting op lang termyn te bespeur. Die afgelope dekade (van 1998 tot 2007) was volgens dié instelling die warmste nóg sedert betroubare weerinligting versamel word. Navorsers van die Amerikaanse Universiteit van Colorado sê dié veranderings bied van die sterkste bewyse dat grootskaalse klimaatsveranderings reeds aan die gang is. Talle navorsers voorsien onder meer die wegsmelt van die Noordpool se (somer)see-ys binne sowat ’n dekade.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|