Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Londen: Die grootdoek-rolprentstel
May 12 2008 11:19:24:277AM  - (SA)  
jens friis



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Deur die jare heen is só ’n magdom flieks al in Londen gemaak dat dié stad seersekerlik beskryf sou kon word as ’n superster-rolprentstel. Deesdae stroom toeriste by die tienduisende hierheen om te loer waar hul gunsteling-flieks verfilm is.

Movie maps is in elke behoorlike Londense reisgids vervat en ook die stadsvaders span dit in op www.visitlondon.com om nog méér besoekers (nou 12 miljoen per jaar) te lok.

Hoewel dit na ’n ongewone manier mag klink om Londen só fliekgewys te verken, kan ek dit sterk aanbeveel. Veral vir sekondêre toeriste wat al weet waar die belangrikste bakens is, is dit ’n vrugbare manier om die Britse hoofstad verder te verken op ’n tweede of verdere besoek.

’n Goeie beginpunt is die alombekende Trafalgarplein. Fliekfoendies sal onthou Joely Richardson ry hier fiets met haar hond in 1 01 Dalmations. Maar dis nie al fliek wat al hier geskiet is nie. The London Companion lys sommer ’n verdere ses.

Ook die Britse Museum is ’n veteraan-rolprentstel. Gwyneth Paltrow en Aaron Eckhart doen hier navorsing oor Victoriaanse digters in Possession. In The Mummy Returns ontwyk Brendan Fraser en Rachel Weisz vier bose mummies deur op ’n dubbeldekkerbus buite die museum te spring. En wie kan Sophia Loren se museumbesoek in Arabesque vergeet ?

Langs die nuwe Britse Biblioteek staan St. Pancras-stasie wat eerder lyk na ’n gotiese katedraal. Dis gebruik in die Spice Girls se Wannabe-video, maar is ook al ingespan vir Batman, Chaplin en Howard’s End. Dié stasie word nou omgeskep in een van die spoggerigste hotelle in Londen.

In Covent Garden kan jy letterlik ’n dag rondwandel tussen ou rolprentstelle, want hierdie woonbuurt is uiters filmgenies. In die Dome-restaurant langs Wellingtonstraat het Andy MacDowell en Hugh Grant statistieke uitgeruil oor hul ekse in Four Weddings and a Funeral. Billy Elliott se pa en broer daag laat op by die Theatre Royal langs Drury Lane. En die Savoy-hotel is gebruik vir Hugh Grant se nuuskonferensie-toneel in Notting Hill.

In laasgenoemde fliek lyk dit telkens na die Engelse platteland, maar in der waarheid is dit grootliks verfilm by Kenwood House in Hampstead Heath, Noord-Londen. Dis ’n ideale plek om iets te eet en van hier het jy ’n wye blik op die Londense middestad.

Somerset House in Covent Garden is ’n blitsige trapsuutjies, volgens The Book of Lists: London. In Goldeneye staan dié gebou in St. Petersburg, maar verander van kleur en word Oscar Wilde se woonstel in Wilde. Edward Fox kry hier ’n vals geboortesertifikaat in The Day of the Jackal, en in Tomorrow Never Dies is dit die MI6-hoofkwartier.

Daar is selde nie ’n rolprentspan in die Lincoln’s Inn Fields-gebied nie. Dit herinner aan Cambridge of Oxford ’n paar honderd jaar gelede, hoewel Sliding Doors nie so lank gelede afspeel nie. Oorweeg middagete by The Terrace in die middel van dié park.

Verfilming in Londen is duur weens veral die sterk pond, maar regisseurs verkies steeds dié stad. Só speel Superman IV, Patriot Games, en An American Werewolf kamstig af in ’n New Yorkse moltreinstasie, maar dis eintlik gemaak in Londen se Aldwych-underground.

Regent’s Park is ingespan om die Virginiese platteland na te boots in Spy Game, en die Royal Naval College in Greenwich staan in vir die Wit Huis in Patriot Games. En ja, Mission Impossible is nie werklikwaar by die CIA-hoofkantoor gemaak nie, maar inderdaad by die Suidbankstadsaal.

Maar dis seker te wagte dat jy feitlik enigiets hier sal kan afneem en dat dit soos die ware Jakob sal kan lyk. Londen is immers ’n wêreldstad met 7,2 miljoen inwoners, 26 straatmarkte, 267 moltreinstasies, 3 800 kroeë, en 6 128 restaurante. En volgens die London Eyewitness wys hier altyd minstens 250 verskillende rolprente!

As jy ooit in November daar is, is die Londense Rolprentfees ’n móét. Kaartjies is haas onbekombaar, maar dalk is jy gelukkig om ’n “standby”-kaartjie op te raap teen ’n paar honderd rand. Dit is ’n halfuur voor vertonings beskikbaar. Terloops, Charlie Chaplin, Michael Caine, Elizabeth Taylor en Roger Moore is waarskynlik die bekendste akteurs wat in Londen gebore is. ) Ander rolprente wat in Londen gemaak is:

Bridget Jones’s Diary (2001)

Shakespeare in Love (1998)

The Madness of King George (1994)

A Fish Called Wanda (1988)

My Beautiful Laundrette (1985)

Mona Lisa (1985)

A Clockwork Orange (1971)

Mary Poppins (1964)

Oliver Twist (1948)

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer