Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Waardeer sardynstormloop, sê Britte
DURBAN. – Suid-Afrika moet die kykie wat die jaarlikse sardynstormloop bied in hoe oorvloedig die see honderde jare gelede was, jaloers bewaak. Dít is die boodskap van twee Britte, Steve McNicholas en Luke Cresswell, wie se Imax-rolprent oor dié skouspel pas hier uitgereik is. Die voedselkettings in die Middellandse See, Noord-Atlantiese en Stille Oseane is reeds gebreek deur die mens se oormatige vangste, het McNicholas, ’n akteur wat die rolprent as ’n liefdesdaad saam met Cresswell gemaak het, gesê. Hul rolprent, Wild Ocean, word die volgende ses maande in Durban vertoon, waarna dit van Januarie in Pretoria sal draai. In die agttiende en negentiende eeu was daar ook elke jaar ’n groot sardynstormloop aan die suidwestelike kus van Engeland. “Dit was só volop dat die olie in Londen se straatlampe gebruik is. Maar die vis is nou uitgevang,” het McNicholas gesê. Hierteenoor bring Suid-Afrika se sardynstormloop langs die Transkeise Wildekus en KwaZulu-Natalse kus die grootste konsentrasie van mariene roofdiere ter wêreld byeen. Dit sluit in tienduisende malgasse wat van die Suid-Kaapse kus die sardyne volg, duisende dolfyne wat uit die diepsee op miljoene silwervissies afpyl, groot getalle haaie, robbe en ander soorte roofvis. In twee van die laaste drie jaar toe die rolprent geskiet is, was die sardynstormloop baie minder skouspelagtig as gewoonlik. “Ons het weke lank op die strand rondgesit en vir die vis gewag. Ons het tot agt uur per dag op die rowwe see deurgebring. En dan skielik was die sardyne daar en het ons binne ’n uur vier of vyf fenomenale duike gedoen. Dan voel dit of jou hart wil ontplof,” het McNicholas vertel. Ná die afgelope twee jaar se betreklike warm winters aan die Ooskus is die sardyne vanjaar weer later as gewoonlik, het mnr. Mike Anderson-Reade, adjunk- uitvoerende hoofamptenaar van die Natalse Haaieraad, gesê. Die voorlopers van die sardynskole is onlangs by Mbolompo-punt langs die Wildekus, sowat 140 km van KwaZulu-Natal, vanuit die lug gesien en het reeds aangekom. Die koue fronte wat in die afgelope weke oor Suid-Afrika beweeg het, is egter bemoedigend, aangesien die stormloop daarvan afhang dat die water langs die kus onder 20?C is. KwaZulu-Natal se toerisme-owerhede beplan om vanjaar se Sardynfees af te sluit met ’n aanslag op die wêreldrekord vir die hoeveelheid vis wat binne agt uur gebraai kan word. Al die restaurante in Port Edward beoog om op 19 Julie meer as twee ton vis te berei.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|