Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           7-29°C

Voorspellings

Klimaatsverandering bedreig walvisse
Jun 30 2008 12:00:32:897PM  - (SA)  
Elise Tempelhoff



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Klinaatsverandering kan bedreigde walvisspesies in die Suidelike Oseaan tot op die rand van uitwissing dryf.

Met ’n styging van 2?C in die aarde se temperatuur kan dié soogdiere weens honger uitsterf.

Die belangrikste rede hiervoor is die verhoging in die oseaan se temperature en die gepaardgaande smeltende ys by Antarktika, die walvisse se belangrikste voedingsgebied.

Só sê die Wêreldnatuurfonds (WWF) in ’n verslag I ce Breaker-Pushing the Boundaries for Whales wat aan die vooraand van die 60ste vergadering van die Internasionale Walviskommissie vrygestel is.

Die WWF sê walvisse se vernaamse bron van kos is kril wat hoofsaaklik onder en by die dik pakys in Antarktika aangetref word.

As die ys verdwyn, verdwyn die walvisse se belangrikste bron van kos ook.

Die WWF sê voorts: “Aardverwarming is werklik en dit gebeur reeds. Verwarming is wydverspreid oor die aarde. Die aarde se gemiddelde temperatuur het die afgelope eeu met 0,74?C gestyg. Van 1995 tot 2006 is 11 van die 12 warmste jare in die geskiedenis (sedert die ontstaan van “termometers” en ander meetinstrumente in 1850) opgeteken.”

Die WWF verwys na verfynde rekenaarmodelle wat gebruik is om te voorspel wat sal gebeur wanneer die aarde se temperatuur met nog 1,26? styg.

“Die gebied by Antarktika wat met ys bedek is, sal met gemiddeld 30% krimp. Dit beteken spesies wat afhanklik is van die ysgebied, soos die Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis), sal swaar getref word. Die krimpende ys sal ook Antarktiese kril (Euphausia superba) uiters negatief raak.”

Minder kril (planktonkrefies) sal ernstige gevolge inhou vir sowel migrerende walvisse soos die bultrug (Megaptera novaeangliae), die Suidelike Noorkapper (Eubalaena australis) en die blouwalvis (Balaenoptera musculus) as dié soos die Antarktiese minke wat permanent in die Antarktiese waters woon.

“Wat ons eintlik voorspel, is dat walvisse wat op ys aangewese is, groot veranderinge in hul habitat sal ervaar en tot 500 km verder na minder kos sal moet gaan soek,” sê dr. Susan Liebermann, direkteur van die WWF se spesiesprogram.

Liebermann is ook die hoof van die afvaardiging wat die IWK se jaarvergadering in Santiago, Chili, bywoon.

Die blouwalvis, die wêreld se grootste soogdier, en die bultrug, waarvan die getalle nou eers begin herstel nadat dit in die vorige eeu weens kommersiële walvisjag byna uitgesterf het, sal dus baie druk weens stygende temperature ervaar.

Ander walvisspesies wat negatief geraak sal word, is die moord-walvis (Orcinus orca) en die suidelike bottelneuswalvis (Hyperoodon plantifrons) wat in die somermaande by Antarktika “bymekaarkom” om saam met hul kleintjies te vreet.

Luidens die verslag beweeg migrerende walvisse jaarliks duisende kilometers tussen hul vastelande waar hulle aan hul kleintjies geboorte gee en Antarktika.

Tydens die reis van die vastelande suidwaarts “vas” hulle en is gewoonlik uitgehonger wanneer hulle in Antarktika aankom. Voeg hierby nóg ’n dodelike 500 km en dit kan die einde van die migrerende walvisse beteken.

Die WWF voorspel as kweekhuisgasse wat in die atmosfeer beland nie dringend verminder word nie, kan dié einde binne die volgende veertig jaar híér wees.

) Vir die volledige verslag besoek www.panda.org.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer