Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Wie sê die Vrystaat het nie water nie?
Jun 30 2008 12:00:31:723PM  - (SA)  
johan hattingh



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Vrystaat is nie plat nie, sê ons al jare. Onlangs is dit weer bewys ná ’n besoek aan die Suid-Vrystaat waartydens ons dit op ’n rubberboot op die Oranjerivier gewaag het. Die opvatting bestaan ongelukkig ook dat die Vrystaat ’n tekort aan water sou hê. Watter beter manier is daar om die teendeel te bewys as om met ’n rubberboot op Suid-Afrika se grootste rivier – die Oranje – te gaan roei?

Die Oranje ontspring in die bergkoninkryk van Lesotho en vloei dan langsaam weswaarts totdat dit later in die Atlantiese Oseaan uitmond. Vir ’n groot gedeelte van sy roete vorm die rivier die suidelike grens van die Vrystaat en dis hier waar ons eerste kennismaking met die rivier as toeristebestemming begin.

Breakawaytrails is dié wegbreekplekkie, net anderkant Rouxville, gemaklik bereikbaar van Bloemfontein af. Verblyf bestaan uit ’n paar chalets met ’n lekker lapa en is ideaal vir intieme groepe. Dit is dus die ideale bestemming vir daardie spanbou of wegbreek, ver weg van die besige stadsgewoel.

Dit was met ’n tikkie angs dat ons die tog na die Oranjerivier van ons chalet af aangepak het. Voordat die rivier aangedurf word, kry elke groep eers ’n deeglike les in rivierveiligheid. Dis noodsaaklik om te weet wat om te doen wanneer jy in die water val en die opgeleide gidse laat ’n mens sommer veiliger voel. Ná die les het ons groepie avonturiers ons veiligheidsbaadjies aangetrek en soos wafferse mariniers die waters aangedurf. Gelukkig het die rivier redelik gevloei en was dit nie nodig om baie te roei nie – wees egter gewaarsku: As die rivier wel laag is, gaan roei jou voorland wees en dit kan nogal ’n man (en vrou) se gal werk. Dis alles deel van die pret.

Tydens ons besoek was ons gelukkig om verskeie wild- en voëlsoorte teen die kranse te besigtig. Wat my egter die meeste beïndruk het, was die visarend wat naby ons verbygeswiep het. Die roep van ’n visarend is kenmerkend van Afrika en deur een in lewende lywe in sy natuurlike habitat te sien was die hoogtepuntvan die naweek.

Die Oranjerivier het oor die eeue heen diep ravyne in die rots uitgekerf, wat ’n onvergeetlike gesig opgetower het, terwyl die rubberbote rustig in die klowe afgedobber het. Die rustigheid was aansteeklik en sommer gou het ons groepie die bote aanmekaar vasgemaak en so saam-saam in die rigting van die Atlantiese See gedryf. Meer as een keer is ’n opmerking gemaak dat ons op die bote sal bly tot duskant die Augrabies-waterval – so lekker was dit.

Ná sowat vier uur was die strand sigbaar. Hier sou ons moes uitklim, aangesien ons net die oggendroete van vier yuur aangedurf het. Die tweedagroete strek nog verby die strand en eindig eers naby Aliwal-Noord by ’n private warmwaterbron. Almal was dit eens die tweedagroete sou ’n volgende keer aangepak word.

Te gou was die naweek verby. Party van die naweekgangers het nog vir perdry kans gesien, terwyl ’n paar energiekes kans gesien het vir strandvlugbal of om van die staproetes op die plaas aan te durf. Die vlugbal is op ’n pragtige strook riviersand op die oewer van die Oranje gespeel en die voordeel was ons kon sommer in die rivier gaan afkoel as dit te warm geword het.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer