Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA verwelkom konvensie van ANC-wegbreekgroep
Die DA het laat weet dat dit die nasionale konvensie van die ANC-wegbreekgroep sal bywoon.
Skiet die Bok en kry klaar, sê Naas
As hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           15-30°C

Voorspellings


Voëlkykery is vir almal
Jul 14 2008 12:33:39:860PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mense vra waarom of hoekom kyk julle voëls? Wat put ’n mens daaruit? En is dit nie baie duur nie? Waarom en hoekom is eintlik ’n vraag wat baie meer om die lyf het en verder strek as wat met die eerste oogopslag blyk.

Enige natuurliefhebber is amper reeds ’n voëlkyker, want die basiese beginsels bly konstant. Liefde vir die natuur en die gemaklike samesyn van die gesin, familie en vriende, tesame met die ongelooflike opwinding wat die sien van ’n gewone, mooi of seldsame voël bring, is onverbeterlik. Die wegbreek uit die normale geroesemoes van elkeen van ons se gejaagde lewenstyl verkwik nie net die siel nie, maar bring jou ook nader aan die mense waarmee jy die betrokke tydverdryf deel.

Juis die besteding van gehaltetyd saam met jou vrou, kinders en vriende maak voëlkykery ’n stokperdjie wat aanklank by talle mense behoort te vind. Daar is weinig of geen ander stokperdjie of selfs sportsoort nie waar die hele gesin gelyktydig sinvol aan een aktiwiteit kan deelneem.

Voëlkykery kan vir eie ontspanning geniet word of daar kan op ’n wye verskeidenheid gebiede tot die wetenskap bygedra word. Dit is ook een van min stokperdjies waar die professionele wetenskaplikes (ornitoloë) die gewone voëlkyker aanmoedig om aktief betrokke te raak en deel te neem.

Hulle gebruik die bydraes in die ornitologie en ander wetenskappe om ons kennis van voëls in al hul fasette te verbreed. Daar is nou ’n hele paar wetenskaplike projekte waaraan die gewone voëlkyker kan deelneem.

CAR is ’n georganiseerde telling van groot landlewende voëls wat elke jaar op die laaste Saterdag van Januarie en Julie op nasionale vlak plaasvind. Vrywilligers doen dieselfde roetes vir so lank hul aan die projek deelneem.

Daar word onder meer gompoue, korhane en kraanvoëls getel deur ’n maksimum van 50 km/h op jou roete te ry en minstens elke twee kilometer te stop en reg rondom die voertuig te kyk en luister hoeveel van die spesies jy kan sien en hoor.

CWAC werk op dieselfde beginsel, maar is vir die tel van watervoëls geskep en vind ook elke jaar in Januarie en Julie plaas.

BIRP is ’n projek wat op spesifieke reservate en ander bewareas gerig is. Hier word die aantal voëlspesies wat binne die spesifieke gebied voorkom getel en moet jy minstens drie uur in die gebied bestee.

Die nuwe atlasprojek is ook nou ’n jaar oud en staan bekend as SABAP 2 en het dit ten doel om, soos met die eerste atlas, data te versamel wat ná ’n tydperk in boekformaat saamgestel en uitgegee sal word. Die eerste atlasprojekboeke word steeds beskou as die omvattendste bron oor die voëlspesies wat in Suidelike Afrika voorkom.

Brandstofkoste is nou die grootste enkele uitgawe aan voëlkykery, aangesien verkykers en voëlboeke geredelik en teen billike pryse beskikbaar is. Kom gerus saam op een van die uitstappies en ervaar die unieke tydverdryf self.

) Vir meer inligting oor BirdLife Vrystaat, uitstappies of projekte tree gerus in verbinding met Dawie of Louise by die Nasionale museum by 051-447-9609.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer