Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-27°CVoorspellings |
|
Hommelbye raak ook onbeholpe as hulle siek is
LONDEN. – Britse navorsers het onlangs bevind dat hommelbye, nes mense, ook baie van hulle “buzz” verloor as hulle siek is – en dat hulle gevolglik sukkel om hul daaglikse take te verrig. Daar is verder deur dr. Eamonn Mallon van die Universiteit van Leices-ter bevind dat heuningbye met ’n geaktiveerde immuunstelsel dikwels geheueprobleme toon. Mallon glo dié ontdekkings kan help om ’n hupstoot te gee aan die poging om die kwyning van byekolonies om te keer. “As dié bye se geheue deur selfs ’n geringe infeksie beskadig word, is dit ’n groot probleem.” Bye kan glo volgens hom, nes mense, vir dae lank siek wees voordat hul immuunstelsels inskop om die betrokke virus of parasiet te beveg. Dié navorsingspan se bevindinge is in die jongste uitgawe van die Royal Society se joernaal, Biology Letters, gepubliseer. Die navorsers het ’n klomp bye in twee groepe opgedeel en een groep ingespuit om hul immuunstelsels te stimuleer. Daarna het hulle dié bye ’n keuse van blou of geel blomme gegee om op te land – waarvan slegs een kleur met suikerwater behandel is. Aanvanklik het al die bye hul aandag op die korrekte, gesuikerde blomme gefokus, maar dit het die gestimuleerde bye 10% langer gevat om vas te stel watter kleur blom die korrekte een is. Dít dui volgens Mallon daarop dat ’n aktiewe immuunstelsel, wanneer die bye siek raak, die bye se geheue negatief beïnvloed. Wetenskaplikes glo dat siektes en boermetodes, wat bye van hul tradisionele blomvoedsels af weghou, die afname in bye-getalle kan help verduidelik. Daar is nou kommer oor sowel die afname in wilde hommelby-spesies as die invloed van siektes op die heuningby-bedryf.” – Reuters
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|