Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Voëls dui verandering
Sep 29 2008 03:15:07:017PM  - (SA)  
jorisna bonthuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

RAWSONVILLE. – Klimaatsverandering kan die doeltreffendheid van talle van Afrika se reservaatnetwerke ondermyn, terwyl groot veranderings in die verspreiding van voëlspesies op die vasteland weens die koers daarvan voorsien word.

Dit blyk uit van die aanbiedings op die 12de Pan-Afrika- Ornitologiese Kongres (PAOC) wat onlangs by Goudini-spa hier gehou is. Meer as 250 van die wêreld se voorste navorsers het dit bygewoon.

Dr. Lynda Chambers van die Australiese sentrum vir navorsing oor weerpatrone en klimaatsverandering sê selfs ’n oënskynlik geringe temperatuurstyging van 2 ° (van pre-nywerheidsvlakke af) kan ’n enorme uitwerking op die verspreiding van talle voëlspesies en hul habitatte hê. Dit is onder meer weens die invloed daarvan op hul kosbronne.

Nie alle voëls sal vinnig genoeg kan aanpas by die soort veranderings wat voorsien word nie (veral die koers van habitatveranderings in ag geneem).

Die prentjie lyk egter nie oral dieselfde nie, met party spesies wat moontlik deur klimaatsverandering bevoordeel kan word.

“Ons sien al meer voëls wat weens klimaatsverandering nie met hul omgewings gesinchroniseer is nie,” het sy gesê.

Chambers het gesê voëls dien as goeie aanduiders van ekologiese veranderings wat met klimaatsverandering verband hou.

Relatief min navorsing is tot dusver in Afrika gedoen oor die invloed van aardverhitting op voëlspesies, hoewel ekostelsels op dié vasteland as van die kwesbaarste beskou word. Sy het daarom beter monitering en meer studies hieroor in Afrika bepleit.

Dr. David Hole van die Britse Durham-universiteit het gesê die bestaande netwerk van beskermde gebiede op die vasteland sal hersien moet word. Hy gee toe dat aansienlik meer verfynde navorsing nodig is.

Dr. Rob Crawford, seevoëlkenner van die direktoraat mariene en kusbestuur, het gesê daar is aanduidings dat veranderings in die beskikbaarheid van kosbronne in onder meer die Benguela-opwellingsgebied aan die gang is, met ’n gepaardgaande invloed op talle endemiese voëlspesies. Hy skryf dit toe aan grootskaalse ekologiese veranderings wat moontlik met eietydse klimaatsverandering verband hou. Daar is aanduidings dat talle seevoëls in plaaslike gebiedswaters hul verspreidingsgebied ooswaarts begin verskuif het (agter migrerende kosbronne aan).

Dit geld onder meer wat betref die stand van endemiese brilpikkewynbevolkings, asook die bevolkings van witmalgasse en trekduikers. Crawford sê die daling in brilpikkewyngetalle hou waarskynlik verband met ’n afname in visbronne (veral sardyne) naby hul broeikolonies.

Een manier waarop dié daling gestuit kan word, is om geenvangs-gebiede rondom sensitiewe eilandbroeikolonies te verklaar.

  • Die kongres is aangebied deur die A.P. Leventis- Ornitologiese Navorsingsentrum (APLORI) aan die Universiteit van Jos (in Nigerië), asook die Eenheid vir Dieredemografie (ADU) en die Percy FitzPatrick-instituut vir ornitologie, albei van die Universiteit van Kaapstad.

    Besoek www.paoc12.org vir meer inligting oor dié kongres.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis Lenings
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer