Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Kry ’n gans om Wagter
Ek word hartlik by die gastehuis begroet deur ’n Skotse terriër, ’n piepklein Yorkshire-terriër en ’n spierwit gans – wie kan nou nié welkom voel met so ’n verwelkomingskomitee nie? Glad nie opdringerig, die driestuks nie, net ’n “Haai, kom jy oornag, lekker bly by ons, ons sal jou oppas; jy kan ontspan.” Die eienaar antwoord op my navraag na die gans se welstand dat dié aan ’n identiteitskrisis lei, sy weet nie of sy ’n mens of ’n hond is nie, sy is hondmak en baie lief vir mense. ’n Gans as troeteldier en veral as “waghond” begin al hoe meer veld wen. Met ’n lewensverwagting van tussen 20 en 40 jaar kan die lieftallige voël ’n lewenslange kameraad word. Van hulle hou van wandelinge saam met hul mense en sommiges hou selfs van motorritte. Die Chinese swaangans is die gewildste keuse vir ’n troeteldier. Daar is twee soorte, die bruin en die wit waarvan laasgenoemde die voorkeurkeuse is. Hulle het lang, grasieuse nekke met oranje bek en pote. Baba-gansies is nie moeilik om groot te maak nie. Jy het ’n klein kartonhouer, ’n verwarmingslamp, ’n voerder en plat bak met water nodig. Die bodem van die houer kan met strooi of papierhanddoeke, vir maklik skoonmaak, bedek word. Hou die kleingoed dop. Indien hulle van die lamp wegbeweeg is dit moontlik te warm vir hulle en moet dit geskuif of soms afgesit word. Op sowat ses weke kan hulle buitenshuis aangehou word indien dit warm genoeg is. Hierdie ganse kan vriesbrand op hul bekke en pote kry in te koue weer. Dit is ook belangrik om die diertjies aan kinders gewoond te maak en omgekeer. Leer jou kinders om hulle sagkens te hanteer en hulle te help met die hand voer, so raak hulle van kleins af baie geheg aan mekaar. Hoewel ganse nogal kan mors, is hulle maklik om skoon te hou aangesien hulle hulself skoonmaak. Hulle sal ook graag in water bad om stof en vuiligheid van hul vere af te was. Voorsien genoeg skoon water, maak dit sommer elke dag of twee skoon aangesien vuil water die broeiplek van bakterieë word en plek skep vir siektes om uit te broei. Dit is verkieslik om ’n dammetjie vir hulle te hê, maar by gebrek daaraan sal ’n baie groot skottel met vars water ook die doel dien. Ganse eet graan, vars groen blare soos spinasie en blaarslaai en sal ook jou tuin skoonhou van bossies. Die eerste paar weke het hulle ook kos met minstens ’n 20%-proteïeninhoud nodig. Party troeteldiereienaars voer hul babagansies sommer lae-proteïenkatkos. Grit, ook mieliegruis, help om spysverteringsprobleme te voorkom. Iets wat ook in gedagte gehou moet word, veral wanneer ’n gans vir die stad of dorp oorweeg word, is dat hulle raserig is. Net soos mense het hulle ook elkeen hul eie persoonlikheid en sal sommige minder as ander raas. Party is ook meer troetelbaar en sal op jou skoot sit vir ’n kopkrappie, terwyl ander niks daarvan hou om aan gevat te word nie. Sommige mense beweer dat ganse beter waghonde as honde self is. Hulle is wakker en vinnig om ’n geraas te maak (op topvolume natuurlik) wanneer iets ongewoons gewaar word. Soos ek by die gastehuis gesien het, kom hulle heel goed met honde oor die weg indien hulle van kleins af geleer is. Ganse kan tot 100 eiers ’n jaar lê, en wie weet dalk is dit nou juis joune wat die goue eier gaan lê!
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|