Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Park nie in ’n dag kaf
Oct 06 2008 11:52:41:970AM  - (SA)  
Dirk Kok



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Wanneer die oggendson die koue van die Oos-Vrystaatse nagte oor die Nasionale Park Golden Gate verdryf, lê die sandsteenformasies in skakerings van goud en rooi. Dan sién jy die warmte van die Oos-Vrystaat se natuurskoon, sê Dirk Kok.

IN vergelyking met die Krugerwildtuin is die Golden Gate Hoogland- Nasionale Park aan die voetheuwels van die Malutiberge ’n kleintjie. Dié park laat hom egter nie sommer in ’n dag se tyd kafdraf nie.

Nee, hier in die vars berglug kan ’n mens dae lank die berge, rotspieke, valleie en grasvlaktes verken en dan het jy nog nie eens die diere-, voël- en plantlewe ontdek nie.

Of jy nou die omgewing uit ’n voertuig betrag of voetslaan, hier is baie diere om aan te teken.

Wie mis die Groot Vyf as jy van ’n krimpvarkie, ’n Burchell-sebra, ’n swartwildebees en van ’n otter tot ’n tierboskat en ’n gouemol hier te sien kry. Benewens die park se 44 soogdierspesies is hier ook 10 soorte wildsbokke waaronder die eland, grysduiker en oorbietjie.

Dit is veral voëlkykers wat lighoofdig raak van opgewondenheid met die gedagte aan ’n naweek in Golden Gate. Met 140 aangetekende voëlsoorte kan ’n mens jou ’n hele paar dae besig hou.

En so tussendeur merk jy ook allerhande boomsoorte op. Sou jy hierdie bome van nader bekyk, sal jy kennis maak met van die 117 soorte besies wat graag op dié houtsoort hou.

Met die baie water is die park ook ’n veldblom- en planteparadys met ’n klomp paddas wat in die nattigheid rondplas. Dié ekostelsel lok weer ander inseksoorte soos naaldekokers en skoenlappers.

Uit die grootpad wat deur die park loop, draai twee geteerde sirkelroetes die berge in. (Al die paaie in die park is geteer en jy kan met gemoedsrus met jou nuwe tweedeur-Peugeot daar ry.)

Die Blesbok-sirkelroete (6,7 km), bring jou by drie uitkykpunte oor valleie en heuwels. Die Oorbietjie (4,2 m) loop na die park se aasvoëlrestaurant, ’n broeiprojek vir die bedreigde kransaasvoël en lammergeier.

Hier is ook ’n skuiling van waar ’n mens die roofvoëls kan dophou en ’n uitkyk oor die Drakensberge en die Brandwag.

Vyf staproetes wat jou berg-in lei, begin sommer by die kampplek.

Stappers kan besluit of hulle ’n uur, vier uur of twee dae en ’n nag in die berge wil wees. Die kortes is maklik genoeg vir die kleinspan en Oupa en Ouma om saam te stap.

In die somer kan jy die handdoek oor die skouer gooi en heerlik in ’n groot, natuurlike swemgat agter die die Glen Reenen-ruskamp gaan afkoel. Vir diegene wat ’n bietjie meer wil sweet, is hier perde om te ry.

In die kampplek is 35 staanplekke met kragpunte en 15 daarsonder en twee splinternuwe ablusieblokke. Elke blok het netjiese badkamers vir mans en vroue en ’n opwashuisie.

Kontak 058-255-1000 of stuur ’n e-pos aan Goldengate@sanparks.org.

  • Dié artikel, verkort, het in die September-Oktober-uitgawe van die sleep-tydskrif WegSleep verskyn.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis Lenings
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer