Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Valkeniers wil help met uitdunning
KAAPSTAD. – Die konyn-uitdunspan is druk besig, Kaapse valkeniers is versigtig optimisties en die aktiviste wat teen die uitdunning is, is steeds omgekrap. Dit is hoe sake staan teen die middel van die laaste week van ’n vensterperiode van twee weke waartydens die Robben?eiland-museum toegemaak het om onder meer aandag te gee aan konyn-oorbevolking. Die span natuurbewaarders, vrywilligers en kundiges belas met die uitdunning van die diere, was dié week hard aan die werk agter geslote deure, maar volgens die spanleier, mnr. Shaun Davis, sal die publiek wel ingelig word oor die aantal konyne wat uitgedun is. Die bevolking word op tussen 8 000 en 10 000 geskat. Davis was ook in gesprek met ’n valkenier oor die moontlikheid van lugbystand vir dié reuse-operasie. Mnr. Reiner Kraus, ’n rekenaarwetenskaplike van Somerset-Wes en deeltydse valkenier, het sy hulp aangebied. Kraus het ervaring in “natuurlike plaagbeheer” en teel met Harris-valke, wat volgens hom opgewasse vir die taak is Hy het bygevoeg dat groot welslae op die eiland Sylt noord van Duitsland behaal is toe valkeniers hul roofvoëls op ’n probleembevolking daar toegespits het. Verskeie lede van die Kaapse Valkeniersklub het ook gesê hulle sou só stap steun indien die eiland-owerheid dit goedkeur. Talle beseerde of roofvoëls waarop beslag gelê is, word buitendien deur klublede geleer om te jag om uiteindelik weer vrygelaat te kan word, het me. Alex Prescott van Eagle Encounters naby Stellenbosch aangevoer. Me. Cecily Blumberg, ’n Kaapse aktivis gekant teen die konyn-uitdunning wat deur die Dierebeskermingsvereniging goedgekeur is, het egter gesê sy sou ook gekant wees teen dié vorm van uitdunning. “Ons glo nie aan enige doelbewuste poging om iets dood te maak nie,” het sy gesê.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|