Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Dié handel spel dood vir voëls
Die groot sportsaamtrek van sokker-geesdriftiges in 2010 in Suid-Afrika kan die koers waarteen wilde aasvoëls vir benutting in die visier kom, aansienlik verhoog. Só voorsien mnr. Steve McKean, hulpbron-ekoloog by Ezemvelo KZN Wildlife. Hy het ’n aanbieding oor handel in aasvoëlprodukte by die 12de Pan-Afrikaanse Ornitologiese Kongres in Rawsonville gedoen. McKean en ’n groep medewerkers ondersoek die afgelope ruk die omvang en ekologiese koste van moetie-handel in aasvoël?produkte, veral in Durban en Johannesburg. Die siening dat aasvoëlprodukte heldersiendheid vir die gebruiker daarvan verseker, word wydverspreid in dele van Suid-Afrika, asook van sy buurlande, gehuldig. ’n Groot aantal Suid-Afrikaners wend hulle tot tradisionele middels wat aasvoëlprodukte bevat om heldersiendheid te verkry en wennommers vir onder meer die lotery te kies of om beter in eksamens te vaar, sê hy. Dit word ook soms deur tradisionele genesers as hoofpynmiddel voorgeskryf. Dit blyk enigiets van tussen 106 en 240 aasvoëls kom jaarliks vir gebruik in tradisionele middels in die visier. Die meeste wat hiervoor geoes word, is witrugaasvoëls en kransaasvoëls. Die somberste scenario-ontledings oor die impak van die heersende koers waarteen dié voëls benut word, toon sommige spesies kan binne ’n bietjie meer as ’n dekade uitsterf. Ander scenario-ontledings is weer effe meer optimisties. “Dié situasie is nie volhoubaar nie,” sê McKean. Tradisionele aasvoëlmiddels is glo gewild in veral KwaZulu-Natal en dit is beskikbaar op markte in onder meer Johannesburg en Durban. Van die voëls wat doodgemaak word, is afkomstig van onder meer die Mkhuze-wildreservaat, Kranskop in die Thukela-vallei en Lesotho. ’n Groot aantal aasvoëls wat in die moetie-handel gebruik word, word vergiftig. McKean het gesê volgens hul berekenings is dit moontlik dat tot 1 230 tradisionele genesers van aasvoëlprodukte gebruik maak. Die meeste respondente in hul studie (wat onder meer handelaars, tradisionele genesers en kopers ingesluit het) was nie bewus dat dit onwettig is om aasvoëls vir benutting dood te maak of dat daar kommer oor die impak daarvan op aasvoëlbevolkings is nie. Ook die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) se Roofvoëlwerkgroep het aangedui hy is bekommerd oor die uitwerking wat die gebruik van aasvoëls in tradisionele medisyne op dié voëls se bevolkingsgetalle het. Navorsing dui daarop dat sommige spesies in dele van die land kan uitsterf as die huidige tempo van benutting voortduur, sê die EWT in ’n onlangse verklaring hieroor. “Die voëls word vir hierdie doeleindes hoofsaaklik verkry deur die vergiftiging van karkasse en dikwels word slegs sekere liggaamsdele vir menslike gebruik verwyder. “Daar is ’n wesenlike gesondheidsrisiko verbonde aan die gebruik van sodanige liggaamsdele waarvan die meeste gebruikers salig onbewus is,” lui dié dokument. Mnr. André Botha van die EWT se Roofvoëlwerkgroep sê dit sou “haas ondenkbaar” wees as aas?voëls nie langer bo die Afrika-landskap sou sirkel nie. ’n Enkele voorval waarin ’n groot aantal aasvoëls vergiftig word, kan ’n groot invloed op dié voëls se bewaringslot hê, sê Botha. Altesaam 49 witrug?aasvoëls is verlede jaar naby Hoedspruit in die Laeveld vergiftig nadat hulle aan ’n gifkarkas gevreet het. Gevalle is bekend waar 100 tot 200 aas?voëls al gevrek het nadat hulle aan ’n enkele vergiftigde karkas gevreet het. Sowat 1 000 aasvoëls is die afgelope drie jaar reeds met spesiale vlerkplaatjies toegerus as deel van navorsing oor dié groot roofvoëls.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|