Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Kindersterftes: Dié versuim amper moord
Eers was dit Delmas, nou is dit die oostelike deel van die Ukha-hlamba-distrik waar kinders gesterf het. Waar is die volgende plek in ons land waar die afsydigheid en onverskilligheid van die regering op alle vlakke aanspreeklik gehou behoort te word omdat mense doodgaan? Dit wat reeds in Ukhahlamba en Delmas gebeur het, gaan weer gebeur, want die dienare van die regering is so besig met snert, magspeletjies, selfverryking en derglike vergrype dat hulle nie kan doen wat hulle beloof het en verplig is om te doen nie. Ondanks mediaberigte oor die tragiese dood van hierdie kinders, is daar weinig openbare reaksie. Wat die dawerende stilswye van Jan Publiek so erg maak, is dat ’n tragedie op ons voorstoep afspeel en dit ons klaarblyklik nie ontroer nie. Suid-Afrikaners het so afgestomp en selfgesentreerd geraak dat kinders se dood ons nie eens meer tot aksie kan aanspoor nie. Laat die dood van ongeveer 100 kinders ons so koud soos die dood van Steve Biko vir Jimmy Kruger gelaat het? Hoekom skitter die Menseregtekommissie tot dusver in sy afwesigheid, of is Jody Kollapen en sy mede-kommissielede te besig met ander lewensbedreigende vergrype teen menseregte, soos wit en bruin verslaggewers wat ’n mediasessie gaan “gatecrash” en baie verontwaardig is as hulle uitgesmyt word? Volgens die jongste mediaberigte is die “amptelike redes” vir die tragedie nie net die vuil water nie, maar ook armoede, wanvoeding, MIV/vigs, omgewingsgesondheidsfaktore en menslike hulpbronuitdagings. Wat die regeringsdienare wat hierdie “redes” “ontdek”, “vasgestel”, uitgedink en gefabriseer en verkondig ooglopend nie begryp nie, is dat dit ’n skokkende klagstaat teen hulself is. Die grondwetlike waarborg van toegang tot voldoende water en die grondwetlike opdrag aan die regering op alle vlakke om toe te sien dat mense voldoende water het, is roekeloos verontagsaam. Om mense nie in te lig oor die gevare van ongesuiwerde water nie, maar eerder die probleem te probeer verdoesel en wegpraat, grens aan aktiewe deelname aan moord. Die minister van gesondheid se uitlatings dat “slegs” 15 kinders se dood direk aan die water toegeskryf kan word, word aangebied asof 15 kinders se dood minder skokkend as 100 kinders s’n is. Hierdie “redes” is, op die keper beskou, niks anders nie as ’n verskoning vir die afsydigheid van die nasionale regering, die Oos-Kaapse provinsiale regering en die Ukhahlamba-distriksmunisipaliteit teenoor die mense vir wie hulle moet omgee. Ek hoop van harte iemand begin ’n siviele aksie namens die families van die oorledenes teen al wat ’n regeringinstelling is wat iets hieraan moes doen. Dagvaar hulle vir vergoeding tot hulle oë traan. Monetêre vergoeding sal nie die kinders terugbring nie, maar dit mag dalk net verhoed dat nog kinders (en grootmense) vermoor word deur laksheid. Diogenes Lartius
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|