Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Al wat oorbly, is om te bid
May 10 2008 06:58:51:733AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde geskape het en nooit laat vaar die werke van Sy hande nie.

Hoe lank moet ons nog sit en toekyk hoe die land en sy mense vernietig word?

Elke oggend nadat ek die koerant gelees het, is ek verskriklik ontsteld en voel ek net elke dag meer en meer hulpeloos en moedeloos.

Hulpeloos en moedeloos omdat ek niks kan doen aan die moorde, verkragtings, die aanvalle op onderwysers, die swak/geen diens in klinieke, boere se grond wat net weggevat gaan word, bedrog in die staatsdiens, verval van ons paaie, hospitale en parke, swak leerplanne in skole, vuil water, elektrisiteittekort, onregverdige transformasie in rugby en krieket, swart bemagtiging, polisie wat moor en steel (13/3/08), wettiging van prostitusie vir 2010, ens. ens.

Ek het gister besluit dat ek nie weer die koerant gaan lees nie en vanoggend het ek sowaar weer die koerant gekoop! Ek weet ek is verkeerd, maar ek wil nie meer weet wat in die land aangaan nie.

Ek sal maar eerder in my “fools”-paradys lewe, want ek kan niks verander nie.

Al wat oorbly vir ons is om op ons knieë te gaan en vir God te vra om ons die weg te wys, want alleen is ons tot niks in staat nie.

Hy laat vaar nié die werke van Sy hande nie.

Hy laat vaar nie werke van sy hande nie

Hoopstad

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer