Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Ginwala: Dit maak ons skaam
May 10 2008 06:58:49:893AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Ginwala-kommissie wat ondersoek instel na die skorsing van adv. Vusi Pikoli, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, verwys.

Die kommissie/staat faal ten opsigte van eerbaarheid van staatsgesag.

Dit word betreur dat Volksblad nie ’n woordelikse verslag oor die gebeure by die kommissie in Braamfontein het nie.

Deur News24, die internet en ander media te lees, word dit duidelik dat opsetlike bedrog in die openbare mening plaasvind, deur die hoogste staatsgesag.

Die betrokkenheid van selfs die hoogste staatsgesag om misdaad nie daadwerklik te vervolg nie, maak die toegewyde polisielede totaal nutteloos.

Dat die betrokke minister selfs vervolging laat stopsit, maak haar aandadig aan kriminele oortredings.

As dit die normale werksaamhede van die kabinet is, moet ’n mosie van wantroue by herhaling in die regering en parlement ingestel word – totdat die volle eerbaarheid van die hoogste staatgesag herstel is.

Dit is baie duidelik dat die hoogste vlak van die ANC geen begrip vir die volle waarheid, eer en waardes vir die staat as ’n waardesimbool het nie.

Ons gaan ’n nuwe tydperk binne waar ons as Suid-Afrikaners in die buiteland ’n bespotting sal wees.

Vir volk en vaderland maak hierdie gebeure ons baie skaam en om te erken dat ons baie min daaraan kan doen.

Ek vra weer eens vir meer volledige berriggewing oor die Ginwala-ondersoek.

Lorenz M. Hesse

Conradiestraat 30, Upington

Briewe mag nie langer as 380 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte duidelik gestel word. Stuur briewe verkieslik per e-pos aan Volksblad.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer