Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
Is dit ook ACDP se standpunt?
Herman Toerien skryf in sy brief Windmeulens bestorm (7/5/08) dat die studente wat die berugte Reitz-video gemaak het toe nooit werklik op die kos geürineer het nie. Daarmee is hierdie jong manne nou, volgens hom, totaal en al onskuldig. Die feit dat hulle ouer swart vroue in die proses erg verneder het, tel skynbaar vir hom as Christen, geen punte nie. Toerien beroep hom ook op die beginsel van “almal is onskuldig totdat die regbank ’n persoon skuldig bevind het”. Ek aanvaar dat hy dan ook van mening is dat mnr. Jacob Zuma en komm. Jackie Selebi uiters onregverdig behandel is toe hulle op grond van verskeie bewerings, wat nog nie voor die hof getoets is nie, uit hul poste ontruim is. So kan mnr. Casper Nordier van die ACDP vir ons sê of die ACDP eens is met mnr. Toerien se standpunte rakende die Reitz-video en skorsing van Jacob Zuma en Jackie Selebi. Ek vra hierdie vraag omrede mnr. Toerien skynbaar die intellektuele steunpilaar van die ACDP in die Vrystaat is. Ek vind egter sy lyn van argumentasie volksvreemd. Hoe meer hy sy standpunte in die koerant probeer verduidelik, hoe meer kom ek agter hy praat eintlik twak! Pieter Reyneke Louis Leipold-straat 13, Langenhovenpark
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|