Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Kom ons almal help munisipaliteit só
May 12 2008 11:37:44:037PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ek wil vandag in die bres tree vir ons munisipaliteit. Ek wil hulle die hoogste lof toeswaai vir wat hulle al vermag het om ons stad mooi te maak en hulle aanmoedig om daarmee voort te gaan. Dit is nie ’n maklike taak nie.

Om strate te verfraai, bome te snoei, sypaadjies en middelmanne skoon te hou, rommel op te ruim, meentareas in stand te hou, dreine wat gehênsop het weens verstopping weer aan die gang te kry – dit alles vra beplanning, die besteding van skaars fondse, gebruik van duur toerusting en, les bes, mense wat die onsmaaklike werk fisies moet verrig.

Dit is mense wat ook maar erg moedeloos kan raak. Hulle kom daagliks in kontak met die vuil, die besoedeling, die vernielsugtigheid, die argwaan.

Ek help hulle deur my eie sypaadjie ’n paar keer per week skoon te maak. Ek moet dit gereeld doen, want ná ’n paar dae lê die rommel maar weer daar.

Want sien, die têksies stop voor my erf en laai passasiers af.

Terselfdertyd maak hulle sommer skoonskip: dis bierbottels, koeldrankblikkies, plastieksakke, snesies, baba-weggooidoeke, vis-en-skyfiehouers, lekkergoedpapiertjies, sigaretboksies en melkkartonne.

Ek en my enersdenkendes sal voortgaan om dit op te tel, want ek weet die munisipaliteit sal nie daarby kan uitkom nie. Hulle is te besig om die rommel in die res van die stad op te ruim. Want die jorse mors asof hulle daarvoor betáál word. (Gepraat van betaal, ek sal nie omgee as die morsers so nou en dan ’n kompie geldnote ook uitgooi nie, wat ek dan kan “opruim” vir aansporing.)

Rommelopruiming maak sekerlik die munisipaliteit – net soos vir my – ook moedeloos en suf, wanneer die nuwe vuilgoedhouer wat net die vorige week aangebring is omdat die oorspronklike een deur vandale gebreek is, aan flarde hang. Wanneer die betonheining wat by die stortingsterrein ten duurste aangebring is, plek-plek afgebreek word omdat selfsugtiges nie daarvan hou dat hul deurgange beperk word nie.

Wanneer stoptekens en straatnaamborde verwyder of omgebuig word vir die opwinding.

Ruimte verhoed my om die lys uit te brei. ’n Bietjie simpatie word dus gevra.

Jorse is nie nét swart, of nét wit nie, verstaan my mooi. Kom ons werk almal saam om ons leefruimte te respekteer, minder te mors, en so ’n slag ons munisipaliteit te hélp!

Hammoerabi
Bloemfontein

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer