Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
UV moet antwoord
As ’n ouer van ’n eerstejaar in Reitz-kamerwonings het die rektor van die UV, prof. Fourie, ons uitgenooi om aan hom te skryf insake probleme by die koshuis wat insluit die video, die integrasieproses en die moontlike sluiting van die koshuis. Dit het ek gedoen, maar geen reaksie is vanaf die UV ontvang nie wat my nou noop om deur middel van hierdie brief antwoorde te probeer bekom op die volgende vrae: Watter landswet het die UV die afgelope klompie jare verbreek met hul koshuisplasings volgens vrye keuse en assosiasie? Kan die UV aan die publiek uitspel hoe die Qwaqwa-kampus se koshuise al geïntegreer is? Wat is die kleursamestelling van die skoonmakers in die koshuise en kampusgeboue en word wit mans as gewone arbeiders op die terreine aangestel? Watter ander “sondes” buiten die maak van ’n walglike video sal lei tot die sluiting van ’n koshuis? As bogenoemde vrae negatiewe antwoorde het, kan die UV mos nie my agttienjarige seun as ’n proefkonyn gebruik om die UV se diversiteitsamestelling “reg” te stel nie. Koshuisstudente word dan sekerlik nie in die UV se advertensies ingesluit met die uitnodiging van “kom wees net jouself” nie. Indien die UV nie reageer nie, is dit duidelik dat die uitnodiging van die ouers om aan die oplossing van probleme deel te neem, nie waarlik waar is nie. Om politiek korrek te wees, tel seker swaarder as logiese deelname Johann NeethlingPosbus 136, Smithfield
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|