Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Rampokkers op paaie
Ek het die afgelope maand meer as gewoonweg gereis en meer as ooit tot die besef gekom dat elke rit vir elke mens nou ’n risiko-rit is. Hoewel ek van voorneme was om in een of ander stadium iets te skryf oor my waarneming op ons paaie, het die berig van Vrydag 9 Mei, SA se paaie is 3de gevaarlikste in wêreld, my laat besef die tyd om te praat is nou. Soos baie ander dinge waaroor berig word eintlik nodeloos is, weet ek dat ook hierdie skrywe niks sal oplewer nie, maar dit beteken nie dat almal maar oor elke saak moet swyg nie. Daar word op bykans elke terrein oortree. Of dit stoptekens is of sperstrepe, spoed, drink en bestuur, noem maar op. Maar die ding wat my die meeste pla, is die gesindheid en/of optredes van swaarvoertuigbestuurders. Met elke rit kry ek, meer as een keer, vier tot ses van hierdie swaarvoertuie so na aan mekaar dat geen motor kan verbybeweeg nie tensy jy almal gelyk verbysteek. En met elke rit gebeur dit, vanselfsprekend, dat hierdie voertuie mekaar wil verbysteek, maar, en hier is die “misdaad”, dikwels verhinder word omdat die ander een hom nie wil toelaat nie. En dit terwyl daar voertuie van vooraf kom. Dit gebeur selfs teen blinde hoogtes! Hierdie gedrag is roekeloos, en tiperend van die gesindheid van so baie. Ons gaan nie mense se gesindheid verander nie, maar ons kan verseker iets daaraan doen om hierdie rampokkers van die paaie af te kry. Die vraag is net of ons dit wil doen? Org van Loggerenberg
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|