Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Kennisgewing belaglik kort hiervoor
May 13 2008 11:32:24:110PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ek verwys na ’n advertensie wat verskyn op bladsy 4 van Volksblad van 13 Mei (gister) – geplaas deur die “National Library of South Africa” wat ’n “National Library Transformation Charter Public Consultative Process” adverteer deur middel van hierdie “Public Notice”.

Hierin word lede van die publiek “and professionals involved . . . with library services in South Africa” uitgenooi na “special consultative sessions” wat in die “Free State” se geval sal plaasvind op 14 Mei (vandag) in die Rose Hall, “Magraaf Street”, Bloemfontein.

Daar word gesê dat plekke beperk is en dat toelating op RSVP-basis sal wees. ’n Mens moet dus aansoek doen om ’n uitnodiging by een van die adresse of kontakpersone aangegee.

Ons weet almal dat biblioteekdienste in ons provinsie tans swaarkry. Rekenaars is buite werking, boeke is oud en vuil en moeilik bekombaar, met min nuwes wat aangekoop word. Trouens, die eens gesellige en besige Stadsbiblioteek wat ek vroeër so graag besoek het, het ’n treurige plek geword en ’n besoek daaraan nie sonder risiko nie.

Ek is seker dat daar heelwat belangstelling sou wees in so ’n “Consultative Process” van publieke kant.

Wat die “Transformation” betref, kan ’n mens net stom verbaas wees – ek dag lees van boeke en soeke na kennis is iets wat almal in gemeen het. Hoe stel “hulle” voor dat dit getransformeer moet word?

Maar wat my die meeste ontstel, is die belaglike kort kennisgewing wat die publiek gegee word vir hierdie, sg. deursigtige, “Consultative Process” – laat staan nog die ander “rolspelers” soos die genoemde “practitioners of the Library Sector, Academics, Schools, NGOs, Gender (sic), Disabled People, Student and Youth Organisations, Trade Unions, Traditional Leaders, Municipalities” wat kwansuis almal uitgenooi word na “Magraaf Street” toe vir hierdie, helaas, vir die publiek altans, “non event”.

Die logo onderaan die advertensie is baie vreemd: daar verskyn ’n beeld van drie hominiede, in verskillende stadiums van ontwikkeling, met die woord “unlearn” (die “u” agterstevoor). Ek sukkel bietjie om te verstaan wat dit beteken – moet Biblioteekdienste terug getransformeer word tot die Steentydperk? Moet ons ophou lees? Moet ons vergeet hóé om te lees?

Dalk kan ’n verteenwoordiger van die National Library wat hopelik vandag hier sal wees vir die Konsultasieproses dit aan ons verduidelik.

Ek wag in spanning.

Hedwig van Coller
Harry Smithstraat 29,
Bloemfontein

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer