Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -2-17°CVoorspellings |
|
Moord ruk ons tot stilstand
Dat die moord op Jacques Moll van Ficksburg ons almal tot stilstand geruk het, is ’n feit. Vir my as oud-Ficksburger en destydse bure van die Moll-gesin, is daar ook meer as skokgevoelens, want die berigte maak ook herinneringe en emosies by my los wat my noop om hierdie brief te skryf. Jacques se ouers, oom Koos en tannie Liza, was my ouers, Schalk en San van Niekerk, se bure, maar ook beste vriende. Oom Koos was ’n joviale man en Tannie Liza het die lekkerste skaterlag wat ek nog ooit gehoor het. As hulle dan by ons op Dunoon kom kuier het, was dit altyd baie vrolik. Jaak (soos my pa hom genoem het) en Genene het hul eerste getroude jare op Dunoon kom bly, terwyl hulle hul eie huis op Stolberg gebou het. So het Genene en Jacques deel van ons Van Niekerktjies (ses meisiekinders) se huis geword. Later is ons almal getroud en weg van die huis, maar nog was daar altyd ’n spesiale band tussen ons. Toe my pa en oom Andries – wysgere in eie reg – afgetree het, het hulle die herstelwerk aan Jacques se implemente gedoen. Niemand sal sekerlik ooit kan vergeet hoe ’n gedugte span die twee uiteenlopende broers was nie. En veral nie die span swart werkers wat moes bontspring as hulle in gevleuelde Sotho aangepraat word nie. Dat Jacques só moes sterf, is onverstaanbaar, want op sowel Stolberg as Dunoon is alle mense deur al die dekades met respek en deernis behandel. Ek bring hiermee eer aan die boere van Dunoon en Stolberg. Annatjie Botha (Van Niekerk)Waterkloof, Ladybrand
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|