Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Siek en sat vir misdaad
May 13 2008 11:30:29:577PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die berig, Moll-moord: Drama ontvou (12/5/08) verwys.

Woorde hieroor, asook vir die wrewel wat ek voel teen- oor hierdie siek land van ons, ontbreek! Ek, soos duisende ander ware Suid-Afrikaners verval ook in ’n gat van depressie oor die wyse hoe die regering en ANC hierdie land oor die afgrond stuur. Ook bid ek elke aand in hoofletters tot God om hierdie misdadige, vervalle Suid-Afrika te red.

Die regering, ANC en oorsese pers berig weke lank oor die vreeslike rassistiese geval by die UV by die Reitz-koshuis en ruk alles hopeloos uit verband.

Ek het ook Carte Blanch gekyk, vir my het dit gelyk of die “arme benadeelde moeders” hulself gate uit geniet. Ook kry Johan Nel, die wit seun wat vier swartes by die Skielik-plakkerskamp doodgeskiet het, wye mediadekking.

Nou word Jaques Moll, die soveelste boer, in die Ficks-burg-distrik koelbloedig en wreedaardig vermoor deur swartes en sy vrou en buurman verwond. Die misdaad word weer eens met gesteelde vuurwapens gepleeg.

Wie rep nou ’n woord hieroor! Die DA en vele ander veroordeel die misdaad. Ag Vader, bring dit nou miskien vir Jaques Moll terug? Sy familie se lewe is vir ewig verwoes. Die regering of ANC sprak geen sprook.

Dit is maar net nog ’n blanke boer wat deur swartes vermoor is. Swart op wit rassisme is mos nie noemenswaardig nie.

Hulle sal nooit hul mislukte poging om hierdie land te regeer erken nie en probeer steeds pateties om alles aan apartheid se klok te hang!

Hoekom word al hierdie barbaarse misdade van swart op wit nie ook so wêreldwyd aan die klok gehang nie? Hoekom gaan die blankes nie ook maar oorboord, vermoor en verkrag swartes of swart boere nie, want die regering en ANC doen niks aan diegene wat die boere so vermoor en afmaai nie.

Die regering sal eerder nog meer boere en blankes onbeskerm laat deur die kommando’s te ontbind.

Blankes word net al hoe verder ontwapen en moet duisende rande aan hul eie veiligheid bestee, want nou moet vuurwapenlisensies hernu word. Net nog ’n manier om die wetsgehoorsame blankes te verarm. Hoeveel swartes wat vuurwapens het, het dit wettig in hul besit en hoeveel het hul lisensies hernu?

Die tyd het gekom vir blankes om saam te staan teen hierdie bose sweer wat hulself die regering of ANC noem. Ons aanvaar alles maar net gelate. Iets moet ons doen, al is dit net om saam te bid!

I. Greyling
Langenhovenpark,
Bloemfontein

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer