Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -2-17°CVoorspellings |
|
UV beantwoord vrae
Die brief van mnr. Johann Neethling van Smithfield, UV moet antwoord (13/5/08) verwys. Ek beantwoord graag sy vrae: Al die reaksies van belanghebbendes wat oor die Reitz-kwessie ontvang is, word deur die UV-bestuur bespreek. Wanneer hierdie proses afgehandel is, sal besluite daaroor bekend gemaak word. Die UV het geen landswette verbreek met sy koshuisplasingsbeleid van die afgelope jare nie. Ons het ’n koshuisplasingsbeleid aan die begin van die jaar geïmplementeer om diversiteit in ons koshuise te verhoog. Die beleid het wel gelei tot groeiende polarisasie van bevolkingsgroepe op die kampus en, in sommige gevalle, het konfliksituasies ook ontstaan. Daar kon nog geen integrasie op die UV se Qwaqwa-kampus plaasvind nie omdat daar nog geen wit studente op die kampus geregistreer is nie. Die skoonmaak van geboue op die UV-kampus is aan ’n private maatskappy uitgekontrakteer. Dit is die beleid van die UV om diversiteit in alle vlakke van aanstellings te bewerkstellig. Omdat die UV-bestuur nog nie ’n besluit oor die toekoms van Reitz geneem het nie, is dit nie moontlik om oor ‘‘ander sondes’’ te bespiegel wat tot sluiting van koshuise aanduiding kan gee nie. Prof. Teuns VerschoorWaarnemende rektor, UV
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|