Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
Só sal Satan moet vlug
Iewers lees ek die verhaal van die leierpa en sy drie talentvolle seuns wat so baie vir hulle dorpie beteken. Die oudste seun was ’n uitnemende vrugteboer en die tweede was ’n wonderlike skaapboer met die talent om skape se siekte nie net reg te diagnoseer nie, maar ook te behandel. Die derde seun was ’n opgeruimde storieverteller wat kon dans, en stories vertel en almal laat lag en vergeet van hulle sorge. ’n Beminde leiersfamilie in hulle dorpie. Pa gaan toe eenmaal op ’n uitgebreide reis en laat alles in die seuns se bekwame hande. Tydens sy lang reis kom daar ’n versengende droogte wat die vrugtebome laat doodgaan en die skape maer maak. Toe kom ’n vernietigende koue winter. Die dorpsmense vra toe die vrugteboer of hulle bome kan afkap om vuur te maak teen die koue en vra die skaapkenner of hulle tog nie maar die skape kan slag terwyl hulle nog leef en dit eet om die koue te verdryf en die velle vir komberse kan gebruiknie . . . In die lente kom die pa terug en kry ’n moedelose ontvolkte ou dorpie. Hy vra sy eerste twee seuns wat gebeur het en vra toe die derde seun hoekom hy nie maar gaan dans om die mense op te beur nie. Kreupel probeer hy opstaan en praat kan hy nie, waarop sy pa sê dat die feit dat hy nie sy talent gebruik het nie gemaak het dat hy dit verloor het. Verder sê die pa dat as ’n mens sy hoop verloor het, hy alles verloor het. Die Satan se aanslag teen ons is om ons ons moed te laat verloor deur terugslae en pessimisme. Ons sal moet leer om die terugslae te verwerk deur saam te sing, te lag, te speel en te glo en nuut te hoop. Ons moet deur ware danksegging en aanbidding ons teleurstellings oorbrug. Ek wil voorstel: Kom ons sing ons kerke vol met lofliedere wat soos ’n aansteeklike virus versprei. Kom ons haal ons ou volksliedere van die rak af en sing dat “die kranse antwoord gee”. Kom ons laat hoor die “magtige dreuning” van ’n volk wat “herontwaak” en hoop al is daar rede tot die teenoorgestelde. Satan en sy meelopers sal moet vlug! Dr. Markus GertenbachPosbus 169, Brandfort
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|