Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -2-17°CVoorspellings |
|
Wys juis nou wat in ons steek
Die hoofartikel in Volksblad (13/5/08) was ontstellend: hoe Mbeki die land wat Madiba vir ons daargestel het met donkerte toegooi. Juis daarom moet ons Suid-Afrikaner-Afrikaners nou wys wat in ons steek en ’n aanwins vir ons land wees. Los maar die De la Rey-singery en gaan vind die régte leier vir ons land. Nog ’n Madiba en ondersteun hom heelhartig . . . al is hy swart! Wie weet, miskien eendag nog wit! Dit blyk egter net ’n droom te wees as ’n mens bv. die brief van Johann Neethling (13/5/08) UV moet antwoord, lees. Vir ’n mens wat in die onderwys staan, breek dit my moed, want ek is bevrees dit verteenwoordig baie vader-en-seun- voorbeelde aan die UV. ’n Jong seun van agttien het in post-apartheid grootgeword, maar in die klaskamer op skool bespeur ons dikwels al by hulle ’n totale onkunde oor wat apartheid werklik was en ’n onaangename rassisme. ’n Slagoffer-gevoel! Dit kan maar net van die ouers af kom Niemand, het Madiba gesê, word gebore met ’n afsku vir ander nie. Dit word aangeleer! En nou kom die skrywer van die brief en vra aan die rektor St. 2-vrae. Die rektor het beswaarlik tyd om patetiese vrae soos wat die kleursamestelling van skoonmakers aan die UV is, te beantwoord. Moet hierdie pa nie liewer vir sy kind sê, as hy hom by die UV aflaai: My kind, hou op reaksionêr wees. Kom ons verander ons gesindheid, ons ag-foeitogheid. Hier lê vir jou ’n uitdaging voor. Hou op bang-aggressief wees en tree progressief op, bring positiewe oplossings, vergeet jouself en maak ’n merk by hierdie universiteit en in hierdie land. En Afrikaans sal self floreer as die sprekers daarvan nie pateties is nie! Wat natuurlik geheel en al onmoontlik is as Pa en seun nie langs ’n swart man wil sit nie. As hulle nog die “ek-en-Pa-is-baas-op-die-plaas” mentaliteit het en transformasie wil beveg. ’n Mens is jammer vir die kind, want sy pa leer hom “not to see the wood for the trees”. C. Botes Bloemfontein
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|