Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Vir dié party sal ’n mens alles gee
’n Mugabiaanse vrotasem waai oor Afrika . . . tot hier by ons. En boonop sing die voëls platsak-akkoorde! Blom en boom is gô-loos van verniet hoop. Want mense wat nie moes droogmaak nie, maak droog en mense wat nog altyd droog gemaak het, maak net droër En dan lees jy in Volksblad van 30 Junie van Helen Zille wat ’n debat aan die gang wil kry oor die vorming van ’n nuwe nie-rassige party bestaande uit opposisie- partye en ANC-lede wat ’n nuwe politieke tuiste soek. En jou entoesiasme blom! Roelf Meyer het eintlik destyds al hierna gestrewe met die UDM, maar toe was die hoop meer gevestig op die ANC toe hy nog Madiba-se-kind was. En nou het die ANC se huidige leiers hom soos ’n reuse-springkasteel met ’n puncture, in ’n frommelhoop laat tuimel. Ek lê ook, want ná Dakar was al my hoop op Mbeki gevestig van wie ek die wêreld gedink het en vir wie ek my offer gebring het. Ek wou ’n bydrae lewer hoe om die Afrikaner by die ANC te betrek. My geklop-klop was op ’n toe deur . . . en ek dink nou Mbeki is ’n swaap! En administrasie is korrup en pateties. En Malema maak my naar. Maar nie die hele ANC nie! Daar is daardie “regte gedeelte” van die ANC waarna Zille verwys vir die “nuwe party”. Verder moet die bewoording ook net wees: “sommige lede van opposisie-partye”. Ek meen, hoe kan ou KP-lede en NP’s wat nou in die DA is, saam met Helen werk wat destyds die gruweldade van die NP-regering teenoor Steve Biko uitgewys het! Of daardie ou dagbestuurslede van die NP, wat in ’n vergadering, sonder ’n sweempie twyfel en insig triomfantlik gejuig het toe Magnus Malan onskuldig bevind is! Dink net aan ’n party vir wie Suid-Afrika en almal in hom, werklik eerste kom. Waarvan die lede uitgestyg het bo kleinlike egosentriese paranoia. Die hoë vlak van redevoering deur oopkop-, belese en ingeligte gelowiges. Die gereedskap in die hand van die Heer wat definitief gaan sorg vir ons en ons land! Wie gaan nié daar wees van “ons” mense nie? Van die selfgesentreerde oningeligte uitverkore kermers alias briefskrywers van Volksblad. Die leier van die VF Plus in die Vrystaat: Hy “moor” slegs vir die Afrikaner. Die Reitz-vier en diegene wat geen fout met hulle vind nie! Die moderators van “Christen”-kerke wat openlik en skynheiligheid ten spyt, nie “anderskleurige” Christene in hul kerke wil hê nie. Die wat juig omdat dit so sleg gaan in hierdie land want hulle het mos gesê F.W. het die land weggegee. Die droppers wat so wys in ander lande sit. Vir dié party sal ’n mens jou alles gee, want dit is die enigste hoop, die mondspoelmiddel van hierdie land se toekoms. Sê net, Helen, en ons is daar! (O vet! Wie sê ék kwalifiseer!) Zaza Pieterse
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|