Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 13-30°CVoorspellings |
|
Dié albatros gaan by kommissie bly
Ek is teleurgesteld en kwaad, maar die ergste van alles, ek is besig om moedeloos te raak. Is daar geen staatsbeheerde instelling in die land wat meer eerlik tussen reg en verkeerd kan onderskei nie? Ons doen daagliks ons bes, in my gesin, my vriendekring en tussen kollegas, om positief te bly, die beste in Suid Afrika te sien, te glo dat ons nie die pad van Zimbabwe sal loop nie en ’n bydrae te maak om die land vir ons almal ’n beter plek te maak. Die ligtelike, vriendelike vryspraak aan Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, wat die jeug oproep tot moord en verwoesting, is nou net een te veel! Het hy nog nie gesien waartoe volgelinge in staat is met uitlatings soos hierdie nie? Mag God ons van sulke kinders bewaar! Wat my die meeste ontstel, is die ruggraatloosheid en gebrek aan morele leierskap wat mnr. Jody Kollapen, voorsitter van die SA Menseregtekommissie, gewys het. Duidelik kan daar geen geloofwaardigheid in dié kommissie wees met sulke bollemakiesies nie. En om altyd die Grondwet voor ons koppe te gooi plaas dié se geloofwaardigheid ook meer en meer onder verdenking. As hy en sy kommissie nie bereid is om ’n dreigement uit te voer nie, moet dit dan nie maak nie. Los dan die mannetjie dat hy met sy haatspraak voortgaan ongeag of hy die Grondwet oortree of nie. En om te verwag dat me. Winnie Madikizela-Mandela menseregte sal bevorder, is wensdenkery. Het ons al vergeet van haar vuurhoutjies en brandende binnebande? Trek sommer vroegtydig die klag teen die Cosatu-leier Vavi terug, mnr. Kollapen, want jy’t ’n presedent geskep wat nou die albatros om jou nek sal bly! Vergeet, met sulke besluite, van morele heropbou en oproepe deur die geëerde aartsbiskop Tutu (’n man uit een stuk) om weer ’n eerlike en respekvolle samelewing te skep. Die ANC, die regering en die waghonde soos die Menseregtekommissie maak ’n grap van hierdie moedige pogings. Dan, nes jy dink dit is dit, het mnr. Kollapen ’n groter probleem met die polisie wat wet en orde by ’n oproerige staking probeer handhaaf as iemand wat oproerigheid aanblaas. Hy het duidelik nog nooit ’n opgesweepte skare onder beheer probeer kry of die gevolge daarvan ervaar nie. Mnr. Kollapen, as lakei van die ANC-regering, is blykbaar meer bekommerd oor sy salaristjek as oor wat reg en verkeerd is. Hy weet, sou hy die druk teenstaan, sal hy verseker die pad van mnr. Vusi Pikoli en adv. Dali Mpovu loop. Op die oog af twee manne met murg in hul pype wat bereid was om op te staan vir dit wat hulle glo reg is. Mnr. Kollapen is sekerlik naïef om te glo dat Malema sy nonsens gaan los. En as hy dink dat sy meesters hom ter wille gaan wees as die “popo die fan” slaan, is hy nog meer naïef as wat ek gedink het. Jao Bekker Kanoneiland
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|