Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Dit is die tyd van skoolgeld
Jul 05 2008 12:03:38:817AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Volksblad 2 Julie verwys: Net as jy dink dat almal nou hul sê gesê het wat daar oor die Reitz-sage gesê kan word, word daar weer van uit die een of ander oord nuwe lewe in dié sterwende geblaas om dit lewend te hou.

’n Paneelbespreking word op 10 Julie met Tussen Reitz en Rots as onderwerp tydens Volksblad se kunstefees gehou.

As die bespreking dan oor rassekwessies móét gaan, vind mens dit vreemd dat daar tot vervelens toe op dieselfde aambeeld gehamer word, terwyl daar sedert die Reitz-voorval soveel ander rassistiese en geweldsinsidente in die land plaasgevind het wat onder die vergrootglas hoort. Dink maar aan Julius Malema, ANC-jeugleier, se moordoproep tydens vanjaar se Jeugdagviering by Thaba Nchu en dat mnr. Jacob Zuma, ANC-president, wat self teenwoordig was, dié uitlating stilswyend laat verbygaan het, so asof dit sy goedkeuring op daardie tydstip weggedra het.

Wat nog meer gevaarligte aanskakel, is dat Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, saam met Malema ook bereid is om te moor en te sterf vir Zuma. Op hierdie oomblik weier albei volstrek om hul woorde terug te trek. Watter boodskap word net nie deur hierdie twee here se uitsprake na hul ondersteuners uitgestuur nie?

“Wat het verkeerd geloop?”, oor ’n onderwerp soos xenofobiese geweld wat onlangs in die land losgebars het, of die pas afgelope Zimbabwiese presidentsverkiesing wat op chaos uitgeloop het. In albei gevalle is mense beseer, vermink en vermoor. In die geval Reitz nie!

Sou onderwerpe soos hierdie nie meer toepaslik vir bespreking gewees het waar lewe, demokrasie en die oppergesag van die reg bedreig word nie, eerder as om die ou koei, Reitz, weer uit die sloot op te grawe nie?

Jeanie Hattingh

Kroonstad

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer