Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Dan lê hef aan voor
Suid-Afrikaners wat ernstig besin oor die haalbaarheid van ’n nie-rassige demokrasie sou waarskynlik met die eerste oogopslag ook gesê het nee vir ’n bruin party. Nie in ’n politieke sin nie. Maar as ouddosent in die sosiologie aan die UWK respekteer ek, en het ek empatie met my oudrektor prof. Van der Ross se ondersteuning van ’n Bruin Belange Inisiatief. En deel ek ook sy frustrasies met ’n samelewing wat sedert 1994 al dieper versink raak in die moeras van politieke verdeeldheid en ’n gebrek aan eties-morele standaarde tot op die hoogste vlakke. Ook het ek die hoogste waardering vir dr. Danny Titus, oudstudent aan die UWK, wat as uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV hom beywer vir die bevordering van Afrikaans en die Afrikaanse kultuur onder wit, bruin en swart mense. Ook vir die “doen-dinge” vir versoening van my oudstudent Basil Kivedo wat in die sekretariaat van die BBI dien. Indien dit ons erns is met ’n nie-rassige demokrasie, lê hef aan egter nog voor. Eerstens, met betrekking tot ons Grondwet, en soos dit ons gewone mense raak: Presies wat behels ’n demokrasie in die vrye wêreld? Reeds in 1990 sê die bekende sosiale denker Alvin Toffler in sy Power Shift, dat ná die val van kommunisme die massa-demokrasieë van bloot koppe tel, sal verander na mosaïek- demokrasieë waarin minderheidsgroepe sal saam praat. En met betrekking tot saam praat: In sy omvattende studie, Empires of the Word (2005) begin Nicholas Ostler van Bath, Engeland, sy voorwoord met die Arabiese spreekwoord: “The strength of a person is in his intelligence and his tongue.” Uit hierdie perspektief verwelkom ek die Bruin Belange Inisiatief. Dit sal deel wees van die bewusmakingsproses dat in die praktyk alle mense en taalgroepe/gemeenskappe se volle mens wees, prestasies en sterkte beslis nie slegs in getalle geleë is nie. Dit lê ook in die vermoë (lees wil) om hulle in en deur hulle moedertaal te laat geld (lees bemagtig). Dit is presies hierdie idee wat ten grondslag gelê het van die totstandskoming van ’n Afrikaansmedium-universiteit op Stellenbosch. Ek glo dat hierdie soort bemagtiging ook deel is van die missie van die Bruin Belange Inisiatief. J.B. (Koos) du ToitStellenbosch
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|