Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Begrip dat almal nie so oor Mandela voel
Jul 24 2008 10:39:55:240PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dat daar mense is wat oudpres. Nelson Mandela aanbid, is te verwagte. Maar daar moet ook begrip daarvoor wees dat almal in Suid-Afrika nie so oor hom voel nie.

Om in die lig van sy wêreldbeeld besonderse melding te maak van sy wel en wee is ook te verwagte, maar om sy gevangenis-sel-nommer as ’n simbool van vleklose bevryding aan mense voor te hou is ’n halwe waarheid. Om veral wit kleuters voor te sê om soetsapighede oor hom kwyt te raak is ’n skandelike misbruik van onskuld.

Daar is geen manier hoe ’n kind van daardie ouderdom Mandela se aandeel aan die geskiedenis kan verstaan of in perspektief kan stel nie.

Terwyl Afrikanerleiers uit die vorige bedeling nie net die begrip en erkenning misgun word nie dat Suid-Afrika in Afrika in daardie tyd tot Westerse welvaartsvlakke presteer het waaruit al sy inwoners voordeel getrek het, ook die sonder “algemene” stemreg, word hulle ook persoonlik verantwoordelik gehou vir alles wat verkeerd was.

Mandela daarenteen kom skotvry af van sy aandeel aan die resultaat van sy strewes, wat hy as aggressor met geweld wou bekom. Suid-Afrika se verval kan nie beter beskryf word as wat Jaap Steyn dit in ’n Winter van groeiende ontnugtering doen. (VB 17/7/08) ’n Verval wat al sy inwoners benadeel, “algemene” stemreg ten spyt.

Die NP se beleid, die negatiewe ten spyt, was dat Suid-Afrika nie ’n wenner-neem-alles-situasie kon bekostig nie. Die onvoorwaardelike verwerping en ondergrawing van hierdie beginsel gedurende onderhandeling en daarna is vandag die wortel van alle kwaad.

Die euwel kon voorkom gewees het, sou die NP se onderhandelingsinisiatief van konsensuspolitiek deur ’n regering van nasionale eenheid geslaag het. Dit sou ’n buffer kon wees teen magseskalasie en die gepaardgaande euwels.

Die mislukking van hierdie versoenende inisiatief kan vierkant voor die deur van Mandela as die invloedrykste leier van die “struggle”-alliansie, gelê word. Lees maar Einde van ’n groot party en in besonder F.W. de Klerk se Die laaste trek – ’n nuwe begin. Die onverdiende en persoonlike aanvalle op De Klerk deur Mandela binne die RNE, en sy deelname en goedkeuring van die “struggle”- alliansie se verbreking van die ooreenkoms van konsensus-politiek is die ware maatstaf van Mandela se verbintenis tot praktiese versoening.

B.J.v.N. Laubscher
Brandstraat 2, Dealesville

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer