Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-23°CVoorspellings |
|
Afrikaners ruk julself reg
Die brief, Waarom kasty die Afrikaner homself tog so (19/7/08) verwys. Mnr. Pelser, jy is heeltemal reg in alles wat jy skryf. Die Afrikaners is skaam vir hulself en hul geskiedenis. En ja, in hul bloed was daar moontlik “joiners”. Maar darem nie almal nie. Die Afrikaners is so besig om gat te kruip in die nuwe SA dat hulle hul eie identitiet verloor het. Wanneer daar kritiek uitgedeel word, staan hulle by voorbaat voor in die ry om te ontvang. En ja, jy is weer eens korrek, dagblaaie dra ook by om die Afrikaner nog verder in die moeras van vrot water in te druk. Die Afrikaners moet besef dis die destydse regeringsamptenare wat die foute gemaak het, nie die volk in sy geheel nie. Net so het die ANC moord gebruik om sy doel te bereik. Maar nou is die huidige regering die “god” en die Afrikaner die vloerlap. Mense, ruk julself reg. Julle het niks om voor skaam te wees nie. Wees weer ’n volk om op trots te wees. Wanneer die sielkundige speletjies gespeel word, hetsy die media of die staat, onthou wie julle is: Afrikaners en wees trots daarop. Hou op om jannie jammergat te wees. Ann van Douglas
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|