Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Elke inwoner moet wette, reëls nakom
Dit het mode geword dat die ongematigdes deesdae die orde omverwerp deur hul wil op die gematigdes af te dwing deur middel van stakings, massa-optredes, brandstigting en selfs moord-dreigemente! Ontevrede misdadigers agter tralies gaan oor tot eetstakings as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Cosatu neem die strate op horings met massa-aksies en rig miljoene rande se skade aan die ekonomie aan met stakings oor stygende voedselpryse. Iets waaraan ’n regering weinig kan doen om ’n wesentlike verlaging in voedselpryse te bewerkstellig, omdat hoë oliepryse hoofsaaklik verantwoordelik is vir stygende lewenskoste wêreldwyd. Studente steek geboue van die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus aan die brand omdat dissiplinêre stappe teen van hul makkers gedoen word vir oortredings wat hul begaan het. Eis sommer in dieselfde asem die bedanking van die rektor. Die arrogante jeugleier van die ANC, Julius Malema, eis die bedanking van die vorige demokraties verkose president van die land, mnr. Thabo Mbeki, en dreig met moord as die leier van die ANC, mnr. Jacob Zuma, nie as president van die Republiek van Suid-Afrika verkies word nie. Die vraag kan nou met reg gevra word, wie regeer nou eintlik die land? ’n Mens se lewe word in groot mate bepaal deur die keuses wat jy op ’n dag-tot-dag- grondslag maak. As elke verantwoordelike ouer en volwassene dit sy/haar selfopgelegde taak maak om die basiese beginsels van waardes, soos eerlikheid, dissipline en verantwoordelikheid by ons kinders en jong mense in te skerp by wyse van opvoeding en voorbeeld, sal die toekomstige geslagte beter toegerus wees om verantwoordelike keuses te doen en daarvolgens te handel. Die tyd is oorryp dat elke inwoner van die land die verantwoordelikheid moet neem om nougeset elke landswet of reël wat op hom/haar van toepassing mag wees, streng na te kom. Dit is waar alles begin om wet en orde in ’n samelewing gevestig te kry – by my en by jou. Kom mnr. Nhati Mthetwa, jy sal Suid-Afrika agter jou verenig as jy, as die nuwe minister van veiligheid en sekuriteit, ernstig sal wees met pogings om misdaad en korrupsie met hand en tand te beveg. Saam sal ons dit kan doen om ’n beter toekoms vir almal in hierdie mooi land van ons te skep. Kom ons span saam en doen dit! Mev. Jeanie HattinghVF Plus-raadslid, Kroonstad
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|