Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

’n Warm ontvangs vir nuweling
Oct 04 2008 01:54:23:067AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Volksblad se eerste uitgawe van My Koerant, het ’n warm ontvangs in ons huis beleef.

Geluk met die inisiatief, oorspronklikheid en innoverende denke. Dis die taal van iemand wat die heuningkwas wel benut.

Dit verg vooraf baie beplanning en besinning wat die gedagte laat realiseer het. Om ’n baba in die wêreld te bring, is ongeveer ’n nege-maande-proses.

Om ’n nuwe bylae die lig te laat sien, is ook ’n proses.

Dit is seker die kortste deel. Om ’n baba “groot” te maak, kos jare se opvoeding en blywende versorging.

Daarom wil ek en my eggenote vertrou dat dié begin sal lei tot ’n volhoubare proses en dat u baie hoogtes sal bereik.

Ek lees Volksblad sedert Januarie 1965 en het later ’n intekenaar geword.

Ek neem sommer die vrymoedigheid om u denke te stimuleer met ’n paar voorstelle.

U kan dit maar afskiet.

Kan u nie “kort” berigte oor stokperdjies van lesers plaas nie?

Kan u nie ’n personeellid aanwys om “klagtes” of hulp wat gevra word met waterlekkasies, te ontvang nie?

Dieselfde inligting kan gevra word oor byvoorbeeld slaggate, ligte wat uit is en so meer.

Kan ons nie ’n bietjie meer lag of dit regkry dat mense meer positief glo, positief dink en handel nie?

Sulke berigte kan handel oor “skades en skandes”.

Iets wat mense persoonlik ervaar het.

Die skrywer moet emosioneel volwasse wees om met homself te kan spot. (Moet net nie met my spot nie.)

Oupa Lombaard

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer