Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Naas moet vir Francois oplei
Indien Peter Grant ons beste losskakel is, soos Naas Botha sê, is Springbokrugby kniediep in die tjorts. Ons sit met ’n absolute briljante Francois Steyn wat daarna smag om losskakel te speel. Wat het ons in Steyn? Groot, fris, vrek sterk, vinnig genoeg vir losskakelspel, baie dapper, hardekwas genoeg vir enige situasie, met ’n “merske” skopvoet – langafstand-stelskoppe pale toe. En nog erger sy skepskoppe. Hierdie unieke speler moet op losskakel losgelaat word, waar hy graag wil speel. Sy pa het dit nou die aand weer op TV genoem. In Francois se kop is hy ’n losskakel! Hoe dan nou? Naas kan mos help!? Naas moet hom oplei oor hoe om soos ’n ware generaal dinge te laat gebeur, hoe hy deur hantering die teenstanders aan die slaap moet sus en dan gapings te skep, hoe en waar om die opponente te uitoorlê, lyn-skoppe te torpedo, opponente se moed te breek, steekskoppies en rolskoppies effektief uit te voer, “up-and-unders” te “torpedo”, ’n agterlyn reguit te trek, die senters in staat te stel om in die middelveld te dartel en baljaar. En ons blitse spasie aan die buitekante te besorg en hoe die losskakel die een is wat die agterlyn se aanval-spoed bepaal deur self soos ’n pyl uit ’n boog vorentoe (en nie sywaarts nie) te snel, en nog meer. En lei vir Jacques-Louis Potgieter, nog ’n blink ster, op as Steyn se “side-kick” op die bank. Kom nou Naas, doen iets wat die jong man sal laat blom – in Springbok-belang! Dr. Bertie Fourie Noord-Kaap
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|