Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Skole: Dís ’n hartseerstorie
Ek lees op 1 Oktober in Volksblad die minister van onderwys, mev. Naledi Pandor, het ’n verslag bekend gemaak. In ’n opname onder sowat 54 000 gr. 3-leerlinge uit 2 400 laerskole is bevind hulle het gemiddeld 36% vir geletterheid en 35% vir gesyferdheid gekry. Hoekom is sy geskok? Ek hou vir graad 7-leerders skool en ek beleef dit elke dag in my klas! Die ironie is dat ek nou net mooi tien jaar skoolhou en toe uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) sy kop begin uitsteek het, het ek persoonlik vir ’n amptenaar van die departement gesê: “Meneer, ons gaan ’n geslag verloor!” Sy kalm antwoord was: “Mevrou elke verandering eis maar sy slagoffers, dan moet dit maar so wees!” Nou, tien jaar (’n geslag) verder, het ons rondritsende president en byna sy hele kabinet, bedank, en ons sit op skoensoolvlak met kinders wat nie ’n idee het van skryf, lees of tel nie! En wie moet ons bedank? Die ANC wat nie wou luister na ons besware, ons waarskuwings en advies nie. Ek kan huil vir die arme leerders wat onder die nuwe “Bevrydings”-regering hulle ware “bevryding” verloor het. Mev. Pandor kan maar met veldtogte begin, maar my leerders sal nie meer daarby baat nie. Die voorland vir meeste van hulle sal armoede en werkloosheid wees. Dis die lank en die kort van ’n hartseerstorie. Annatjie Botha
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|