Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Die enigste pil vir siek nasies van wêreld
Die nuusdekking oor Angus Buchan se dienste in die Absa-stadion in Kimberley (29/09/08) verwys. Eerstens wil ek Volksblad bedank omdat hulle gereeld Angus se dienste dek oor wat daar gesê en gepreek word. SA is bevoorreg om ’n rolmodel en evangelis in Angus Buchan te hê. Hy praat op die man af en is nie skaam om die waarheid deur te gee nie. Politiek en onderhandeling is nodig om die land te bestuur, maar kan ongelukkig nie die inwoners se sondige, siek harte verander nie. Die Woord van God is die enigste pil vir die sondige, siek nasies in die wêreld. “There is only one pill and that is the Gospel,” het die bekende wêreld-evangelis in Afrika Reinhardt Bonnhe gesê. Mag oom Angus magtiglik deur God gebruik word om ’n groot herlewing in SA te ontketen. Mag die stadions al hoe voller word. Mag Sy naam verheerlik word. Ek beskou oom Angus as SA se eie Reinhardt Bonnhe wie se missie en visie is: “Africa shall be saved.” P.A. Horn
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|